Piekenierskloof se Ou Wingerd-wyne

Dinsdag, 29 Oktober 2019|Wynproe|

So paar weke terug, op ’n sonnige lentedag, kry my oggendroetine effe meer aandag as gewoonlik. Ek trek ’n vrolike rok aan, en krap rond in my gehawende grimeersakkie. Ek moet dit seker nie so prontuit erken nie, maar met die dat ek meestal van die huis af werk, lyk ek meeste dae asof iemand my agterstevoor deur ’n bos […]

Tannie du Toit se standaardpoeding

Maandag, 7 Oktober 2019|Bak, Lekkerbek|

Ek ken nie Tannie du Toit nie, sou haar ook nooit geken het nie, want hierdie standaardpoeding resep van haar vind ek in my ouma se krabbelhandjie in een van die motgevrete uiters kosbare kookboeke wat ek van haar geërf het. Ouma sou nou hier by die honderd gewees het, en enigiemand wat sy getannie het, was natuurlik ten minste […]

Lamskenkels in rooiwyn

Vrydag, 4 Oktober 2019|Aandete|Tags: , |

Dis lenteblom glorie in die Kaap, my gunsteling tyd van die jaar. Die dae is koel, die wêreld groen van die welkome winterreën en die verduiwelse Suidooster nog grootliks in bedwang. Oktober is die laaste maand wat my mond nog water vir ryker kos, kos soos lamskenkel in rooiwyn. Asof hulle my gedagtes kan lees stuur Welgegund […]

Groot Phesantekraal Wyne, Durbanville

Donderdag, 5 September 2019|Restaurante, Wynproe|

Met honderde wynplase so te sê op ons voorstoepe is Kaapse mense bederf verby. Ek voel half sleg dat een van die naastes aan my, die Durbanville wynstreek, so vreeslik agterspeen suig. Dis slegs 20km van die stad af en dis ’n streek wat uitsonderlike wyne maak, soos ek laasweek weereens besef het toe die mense van Groot Phesantekraal my […]

Botterskorsie-ravioli met romerige tamatiesous

Donderdag, 29 Augustus 2019|Aandete|Tags: |

As jy nog nooit vars pasta gemaak het nie is nóú die tyd, want sien dis verspot maklik en bitter vinnig! Gevulde pasta soos ravioli, panzerotti en tortellini is effe meer moeite, maar as jy die ‘basics’ eers baasgeraak het kan jy na hartelus speel met verskillende vulsels en souse. Hierdie is ’n laaang artikel, maar alles wat jy moet […]

Van Loveren Almost Zero rosé and red

Vrydag, 2 Augustus 2019|Wynproe|

I’m a fan. That’s it. Just three words are needed to sum up how I feel about Van Loveren’s Almost Zero range. Well, maybe I’ll add the adjective ‘huge’ into that sentence. Following on from their release last year of Wonderful White – a white ‘wine’ with pretty much no alcohol (as in less than 0,4%) – […]