Isabella se mossels
Hier net na Kersfees daag die wonderlike Isabella Niehaus by my voordeur op met die ongelooflikste geskenk – twee kilogram vet, swart Weskus mossels wat waarskynlik daai oggend nog aan ’n rots geklou het. Isabella is een van my kos ikone. Haar Langtafels op die Duin by haar praghuis langs die see in Langebaan is legendaries. Dis hier waar [...]