Ouma se warm-melk sjokoladekoek

Woensdag, 6 Februarie 2019|Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Koek is nie eintlik ’n ding waarvoor ek kaalvoet die Kalahari sal oorsteek nie – met twee uitsonderings: 1) ’n properse kaaskoek wat in die oond kom en… 2) sjokoladekoek! Ag jenetjie mens hoe donkerder en ryker, hoe beter. Sjokoladekoek resepte aangemaak met warm melk is niks nuuts nie. Elke selfrespekterende bazaar-tannie in ’n blomrok het een. Hierdie een is […]

Melktert mille feuille

Maandag, 12 November 2018|Bak, Lekkerbek|Tags: |

Krismis kom mense! Kind-opgewonde, dís hoe ek oor Kersfees is. Saterdag kon ek eenvoudig nie meer wag nie. Ek loop vroetel in die kas in my spaarkamer en onthul al my Kers-tierlantyntjies wat die laaste elf maande snoesig in hulle sneespapier vir my lê en wag. Nou’s die hele huis die ene silwer, en wit en goud en liggies – […]

Melktert macarons

Dinsdag, 28 Augustus 2018|Bak, Lekkerbek|Tags: |

Melktert macarons. Ja, jy’t reg gelees, as dit nog nie ’n ding is nie, máák ek dit nou een. Vir vroulik-fyne elegante soet happies is daar min dinge wat vir ’n macaron ore aansit. Miskien Madeleines. Maar dié verorber ek met ’n koppie koffie of tee. Macarons is twee trappies hoër op die leer in my boek […]

Roosmaryn-focaccia

Dinsdag, 12 Junie 2018|Bak|

Brood bak is een van die genotvolste dinge wat in ’n kombuis kan gebeur. Afgesien van brood eet natuurlik! Een van die maklikste om saam te slaan is focaccia. Dat iets so plat mens nou soveel plesier kan gee. Koop jy ’n focaccia in ’n winkel moet jy ’n tweede verband uitneem. Ek kan nie verstaan hoekom nie, want die […]

Andries Pretorius se soetkoekies

Dinsdag, 13 Februarie 2018|Bak|Tags: |

Dis nie aldag wat mens kans kry om ’n soetkoekie resep wat meer as 200 jaar oud is te maak nie. Laas naweek was sulke tyd. Oor my Saterdagoggend koppie boeretroos op die voorstoep sit en blaai ek deur een van ouma se vele kookboeke wat my kant toe gekom het na ma se dood. Julle ken mos van daai […]

Super klam olie-sjokoladekoek met 70% kakao sjokolade-botterroom versiersel

Woensdag, 10 Januarie 2018|Bak, Lekkerbek|Tags: |

Sjokoladekoek in Januarie… Dis ’n gevaarlike, verkeerde ding ek weet. Want eintlik is Januarie mos spesiaal gereserveer vir gestoomde groente, slaaiblare en vis. Dis nou ná jy hier aan die begin van die maand op die skaal geklim en ’n klein gilletjie onwillekeurig ontsnap het. So ja, hierdie resep vir sjokoladekoek moes eintlik jou kant toe gekom het vóór Kersfees. […]