Dadel, spek en varkworsie sosaties

Dinsdag, 18 Desember 2018|Knagerig|Tags: , |

Ek kan nie hierdie juis ’n resep noem nie want dis net te eenvoudig. Wat ek dit wél kan noem is bitter lekker. Ons is almal bekend met ‘devils on horseback’ – pruimedante gerol in spek en gebak tot bros. Tog te lekker.

So paar dae terug sien ek spek met ’n swartpeper buitelagie by Woolies en dit gee vir my […]

Vark-en-groenvy terrien

Donderdag, 29 November 2018|Knagerig|Tags: , |

My kop spin skoon soos die jaar einde se kant toe jaag. Ek voel ek het glad nie my act together vir die feestyd wat kom nie. Die Kerskoek is nog nie eens gebak nie en nou’s dit bietjie laat – die koek moet mos lê. Maar ek […]

Visvinger tacos met tartar-sous

Donderdag, 26 April 2018|Aandete, Knagerig|

Hierdie is nie soseer ’n resep nie. Dink eerder daaraan as ’n aankondiging in openbare belang. Want mens, nóú gaan ek vir jou ’n ding vertel. Kyk visvingers is nie ’n item wat ooit in my kosmandjie beland nie. Soos in nooit, ooit. Want Merlot is ’n kieskeurige dier en sy’t nie veel vat aan hulle nie.

So paar weke terug […]

Spaanse mossels met chorizo, sjerrie en saffraan

Dinsdag, 23 Januarie 2018|Aandete, Knagerig|Tags: , |

Dis hoogsomer en een van my grootste vreugdes (afgesien van kort rokke en oop tone natuurlik) is buite eet – in die sagte skadu van die groot boom neffens my kombuisdeur. Vars mossels is altyd ’n goeie idee, nog meer so gekombineer met plompe ryprooi tamaties op hulle hoogsomer sappigste beste. Maar dis die kombinasie van essensieël Spaanse bestanddele – […]

’n Braaibroodjie met houding

Vrydag, 29 September 2017|Knagerig|Tags: , |

Braaidag was bietjie van ’n flop in my geweste. Triestige wolke en wind met ’n geniepsige byt is nie my idee van ideale braaiweer nie. ’n Vuur het ek weliswaar gemaak ja – in my kaggel in die sitkamer. Teen die tweede glas rooiwyn het ek nie meer soveel omgegee nie. Gelukkig lê ’n hele somer voor, met hope kans […]

Luukse sampioen-mozzarella pan roosterbroodjie

Vrydag, 23 Junie 2017|Knagerig|Tags: , |

Ek’t bietjie gedink oor hierdie saak en besluit aan die einde van die dag kan jy mense wat kook in twee kategorieë verdeel. In die een groep dié met netjiese kaste en woes georganiseerde yskaste. Hulle’t aandele in Tupperware met alles ‘colour coded’ – soort-by-soort bymekaar, in nette rye soos kadette op parade. En dan’s daar die ander lot…

Dié van […]