gebakte bokmelkkaas ‘fondue’
Daar’s ‘n paar goed op hierdie aarde wat eenvoudig vir mekaar gemaak is – ek en Merlot, sjokolade en lemoen, tamaties en basiliekruid – en natuurlik bokmelkkaas en beet. Ek’s hoeka moeg vir die twee saam sien in slaai . Móég’s die ideale teelaarde vir een van my ‘wat as’ kombuisoomblikke. Wat as ek die kaas in ‘n neutekorsie [...]