Kerskrans-poeding
Krismis kom en ek’s kinderlik opgewonde. Ek het twee weke gelede al ’n Kerskrans op die voordeur gesit. Sommer een op die agterdeur ook. Hoekom nie? Hierdie naweek sit ek my boom op. Wat-wou wag tot tien dae voor Kersfees! Ek weet nie wie dít opgedink het nie, maar hulle’s van lotjie getik. Ek wil die skitter en die [...]