Botterkaramelsous met bruin suiker en Ideal-melk

2020-09-30T15:26:23+02:00Maandag, 27 April 2020|Basiese resepte, Lekkerbek|

Ek’t ’n paar dae terug my resep vir ’n karamelsous gedeel. Nou’s dit tyd vir sy boetie – ’n botterkaramelsous. Beide ’n karamelsous en botterkaramelsous gebruik suiker, botter en room. Maar waar jy ’n karamelsous begin deur die suiker te smelt om ’n karamel te vorm, is botterkaramel die lui boetie – jy gooi die lot op een slag in [...]

Karamelsous – gemaak op die regte manier

2020-09-30T08:18:37+02:00Vrydag, 24 April 2020|Lekkerbek, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|

Enige halfpad entoesiastiese kok wéét, die verskil tussen goed kook en fantasties kook is sous. Tot dusver het ek souse bietjie afgeskeep in my M&M kombuis. Dis hoogtyd om iets daaraan te doen. Heel eerste aan die beurt? ’n Properse karamelsous, want hier aan die einde van week vier van die groot Covid-opsluit dink ek ons verdien almal ’n leksel [...]

Sjokolade tsoureki vir die Pase

2020-09-30T15:26:01+02:00Woensdag, 8 April 2020|Bak, Lekkerbek|Tags: |

My ouma is die jaar voor die Groot Griep gebore. Sy en haar ma het my as kind die stories van die groot elende vertel. Dit was abstrak. Onwerklik. En die idee dat iets soortgelyks ons ’n honderd jaar later kon tref was ondenkbaar. Ons het tog mos tegnologie. Ons het ’n man op die maan gesit. Daar’s ’n rekenaar [...]

Tannie du Toit se standaardpoeding

2020-09-30T08:18:39+02:00Maandag, 7 Oktober 2019|Bak, Lekkerbek|

Ek ken nie Tannie du Toit nie, sou haar ook nooit geken het nie, want hierdie standaardpoeding resep van haar vind ek in my ouma se krabbelhandjie in een van die motgevrete uiters kosbare kookboeke wat ek van haar geërf het. Ouma sou nou hier by die honderd gewees het, en enigiemand wat sy getannie het, was natuurlik ten minste [...]

Sauvignon-saffraan pere met joghurtroom

2020-09-30T08:18:40+02:00Maandag, 1 Julie 2019|Lekkerbek|Tags: |

As saffraan vir jou ore aansit is hierdie winter die perfekte tyd om dié effe ongewone spesery van nader te leer ken. Onmoontlik om te beskryf en, as jy dit eers geproe het, onmoontlik om te vergeet, dís saffraan vir jou. Hierdie teer goue draadjies komende van die krokusblom is ’n fees op die tong en die oog. Net ’n [...]

Sjokolade-fudge

2020-09-30T08:18:45+02:00Maandag, 8 April 2019|Lekkerbek|Tags: , |

Ek lieg oor my ouderdom so lekker as party mense oor hulle gewig vir die dokter, of hulle inkomste vir Jan Taks. Maar jok verander nie die feite. Ek wil nie praat oor wat alles inkrimp, afsak, uitsit of opswel nie. Kom ons sê maar net as ek afkyk is my knieë net nie meer dieselfde as tien jaar terug [...]

Go to Top