Franse roosterbrood met Nutella

2020-09-30T14:35:12+02:00Vrydag, 24 Julie 2020|Lekkerbek, Ontbyt|Tags: , |

Franse roosterbrood was ’n kindertyd gunsteling vir ontbyt, waarskynlik omdat dit omtrent die enigste ding was wat ek as 5-jarige kon kook. Dit was so basies as kan kom, net eier geklits met bietjie melk en gewone sagte wit goewerment brood. All Gold se tamatiesous daarby was natuurlik ’n móét. All Gold is steeds die enigste tamatiesous waaraan ek mond [...]

Kitke Franse roosterbrood met heuning-geroosterde pruime

2020-09-30T08:18:50+02:00Donderdag, 8 Maart 2018|Ontbyt, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: |

Kyk Maandag tot Vrydag is brêkvis in die M&M kombuis maar ’n skrapse affêre. Die fokus is op gesonde energie vir die dag en vínnig afsluk. Maar dan’s daar naweke mens, en dinge kan nie meer anders wees nie. Ek sit my selfoon af en kyk nie vir die klok nie. Soms bodder ek nie eers met grimering nie. Want [...]

Paas-plaatkoekies

2020-09-30T08:18:57+02:00Woensdag, 12 April 2017|Knagerig, Lekkerbek, Ontbyt|Tags: |

Dis Pase mense, jenetjie heit waar gaan die tyd? Ek voel dieselfde oor Vader Tyd se snelle pas as oor my skaal die paar keer ’n jaar wat ek bodder om op hom te klim – verbaas. Verbaas of nie, April is dit nou en iets Pase-geïnspireer om aan te knabbel is gepas. Kos moet altyd lekker wees, maar soms [...]

Ontbyt beskuit

2020-09-30T08:19:09+02:00Vrydag, 22 Julie 2016|Bak, Ontbyt|Tags: , |

My vriendin – kom ons gebruik liefs haar bynaam, Eet-soos-’n-voëltjie – is ’n liewe mens. G’n guns is te groot nie, g’n vra ’n las nie. Buite is sy net so mooi soos binne, ’n Bo Derek 10. Gat jy saam met haar erens heen, smelt jy weg in die muurpapier. Ek dink dit spreek boekdele oor my dat ek [...]

Vanielje-granola met bessie-sous

2020-09-30T08:20:06+02:00Dinsdag, 29 Julie 2014|Ontbyt|Tags: |

Ek sou sê dis redelik ‘obvious’ dat ek mal is oor kook. Maar ek’s waarskynlik nog maller oor EET. Vir my is enige maal ’n bietjie van ’n okkasie, selfs al is dit net ’n tamatie-toebroodjie. Ek praat nie van die een wat my ma in die tagtigs vir padkos gepak het oppad see toe nie – ‘goewerment’ witbrood [...]

Oondgebakte Franse roosterbrood

2020-09-30T08:20:12+02:00Vrydag, 30 Mei 2014|Ontbyt|Tags: , , |

Ek’t ’n bloutjie geloop hierdie week, en dit nogal met ’n ‘hot cross bun’. Die taalpuriste noem dit seker ’n Paasbolletjie. Wie weet. In my huis is hulle sommer net ‘hot cross buns’. Maandagoggend douvoordag sit ek oor ’n koppie koffie en so bolletjie en tob oor my resep vir hierdie week. Ek’t eiers in die huis. Ek het altyd, [...]

Go to Top