Sampioensop met truffel-en-parmesaan roosterbroodjies

2020-09-30T08:18:50+02:00Vrydag, 2 Maart 2018|Sop, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: |

Wel mense, dis amptelik herfs. En niks kan my blyer maak nie want vroegherfs is my gunsteling, gunsteling tyd van die jaar. Die dae is steeds luiwarm, maar die oggende begin ’n onmiskenbare vars byt kry. So perfek. Die winkels is steeds vol van die somer se beste, plus daar’s nuwe-seisoen gunstelinge soos plompe pers vye en granate wat begin [...]

Aartappel-en-prei sop

2020-09-30T08:18:55+02:00Woensdag, 5 Julie 2017|Sop|Tags: , |

Dis ’n goeie ding ek’s nie in Ysland gebore nie want kyk, ek en die koue is nie pêlle nie. Daar’s min positief wat ek oor winter kan sê maar pastei maak die pyn minder. Souskluitjies en melkkos ook. En dan is daar sop – dít verorber ek sonder weerstand maklik elke dag. Een van my lesers skryf onlangs en [...]

Alles-en-nog-wat minestrone-sop

2020-09-30T08:18:57+02:00Maandag, 24 April 2017|Sop|Tags: , , , |

Pase is verby en Mei is amper op ons mense. Dis hoeka nog nie tyd vir my flênnie onder-goedjies nie, nog nie tyd vir dik sop barstensvol vleis en murgbene nie. Maar die aande raak koel en ek soek tog al meer ’n ietsie warms om die siel te streel. Minestrone is die antwoord. Hierdie staatmaker Italiaanse sop is perfek [...]

Blomkool-en-kaas sop met ciabatta croutons

2020-09-30T08:19:10+02:00Donderdag, 30 Junie 2016|Sop|Tags: |

As kind was die groente op ons borde nie juis wat mens interessant kon noem nie. Daar was blomkool, bone, wortels, botterskorsies, ertjies en aartappels. Dis al. Sampioene was net in blikkies, wit aspersies ook. Hulle’t net uit die koskas gekom vir belangrike geleenthede, soos as die kerktannies met die wit handskoene en vere in hul hoedens vir tee gekom [...]

Lente ertjie sop met ment

2020-09-30T08:19:25+02:00Vrydag, 17 Julie 2015|Sop|Tags: |

Ek weet om hierdie resep ‘lente ertjie sop met ment’ te noem is ’n bietjie dik vir ’n daalder. Daar’s nog ten minste ses weke se goor koue oor voor dit ámptelik lente is. En selfs dan bibber ons hier in die Kaap vir ten minste nog ’n maand. Maar ooraloor begin ek tekens sien dat winter nie vir ewig [...]

rooikerrie garnaal-en-noedelsop

2020-09-30T08:19:28+02:00Dinsdag, 26 Mei 2015|Sop|Tags: , |

Sop is een van daai goed wat ek aljaar, heeljaar kan eet. Vir sop met skop is daar natuurlik min dinge wat by kerrie kom. Hierdie garnaal-en-noedelsop resep is so maklik, my kat kan dit maak. En dis propvol Thai rooikerrie skop. Al wat jy nodig het is... Vir die sop 1 blikkie klappermelk (400ml) 2 ½E rooikerrie pasta [...]

Go to Top