Haas met ’n witwyn en dijon roomsous & pancetta skyfies

Dinsdag, 16 Oktober 2018|Aandete|

Ek sit nou al vir ’n ruk op hierdie resep. Sedert Maart om presies te wees. Hoekom? Want dis haas mens, en haas is bra ongewoon. Nie in Italië, Frankryk of Engeland nie. Dáár waardeer hulle die vreugde wat’n haas op ’n bord jou kan bied. Maar hier is dit nie ’n ‘ding’ nie. En sê jy haas, dink meeste van ons […]

Some must-try rosé wines for summer 2018

Dinsdag, 9 Oktober 2018|Wynproe|

Pink is an unabashedly feminine and festive summery colour. Now this may be a gender issue, but my love of all things pink most definitely extends to wine too. Apparently I’m not alone, for the popularity of rosé wines is going only one way in SA, and that’s up.

I first discovered the wondrousness of a proper rosé in what I […]

Melktert macarons

Dinsdag, 28 Augustus 2018|Bak, Lekkerbek|Tags: |

Melktert macarons. Ja, jy’t reg gelees, as dit nog nie ’n ding is nie, máák ek dit nou een. Vir vroulik-fyne elegante soet happies is daar min dinge wat vir ’n macaron ore aansit. Miskien Madeleines. Maar dié verorber ek met ’n koppie koffie of tee. Macarons is twee trappies hoër op die leer in my boek […]

Bosvark-en-porcini lasagne

Vrydag, 17 Augustus 2018|Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met […]

Glühwein – wyn vir die winterpyn

Vrydag, 13 Julie 2018|Drankies|Tags: |

Ses weke se winter is onder die knie, nog net ses weke se bibber oor en dis Lentedag mense! Ek’s nie my beste self in die winter nie. Flennie pajamas, sokkies in die bed en ‘spencers’ (soos ouma hulle genoem het) is eenvoudig nie seksie nie. Maar winter het tog sy belonings. Soos souskluitjies,

Heel geroosterde skaapnek

Vrydag, 29 Junie 2018|Aandete|Tags: , |

Raakvatters. Dís wat ouma se generasie vrouens was. Daar’s tonne goed wat ouma toe-oog kon doen wat vandag grootliks vergete is. Vir sommige het ek nie juis in 2018 nut nie. Soos om beesvet in seep te verander. Mens, die héle kombuis ruik. Ek koop eerder daai oranje Pears-sepie. Of soos om doilies en jassies vir houthangers te hekel. Tierlantyntjies […]