Boerewors-pasta

2020-09-30T08:20:24+02:00Donderdag, 10 Oktober 2013|Aandete, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , , |

So af en toe is ek gelukkig genoeg om hier kort voor vyf die middag my rekenaar te kan afskakel en die pad te vat vir ’n wandeling met my denkbeeldige hond. (Merlot sal nie ’n regte een duld nie, verstaan.) As ek so stap, trek heelwat goed my aandag. My buurvrou se pronkertjies steek kop uit. Die mense skuins [...]

Sondagaand Spek en Eiers

2020-09-30T08:20:24+02:00Donderdag, 3 Oktober 2013|Aandete|Tags: , |

Ek verstaan nie mense wat elke liewe dag met ’n huppel en ’n lied in die hart groet nie. Ek beny hulle. Maar ek verstaan hulle nie. Kyk, Maandag is nie my gunsteling dag nie. Die blote gedagte dat hy voorlê maak my sommer grommerig – gewoonlik so hier van vieruur af op ’n Sondagmiddag. Hierdie Maandag-storie van my het [...]

baba toffie-appels

2020-09-30T08:20:24+02:00Donderdag, 26 September 2013|Lekkerbek|Tags: |

Klein happies goed en ek hoort eenvoudig nie in dieselfde kombuis nie. Ek blameer die sewentigs en tagtigs vir hierdie klein-kos aversie van my. Blokkies Gouda-kaas en klein skelrooi uitjies op tandestokkies. Grou mini worsrolletjies. Baba Weense worsies en soet-mosterd doopsous – met tandestokkies, natuurlik,  sodat mens nie onbeleefd jou vingers staan en aflek nie. Die skade is permanent. Maar [...]

skaapboud op die braai

2020-09-30T08:20:25+02:00Donderdag, 19 September 2013|Aandete|Tags: , |

Kyk, ek’s so mal soos die res van die land oor boerewors op ’n braai. En ’n sappige lamtjop, waarvan die vet só op die kole drup dat mens mekaar beswaarlik deur al die rook kan sien, maak my knieë lam. Maar Nasionale Braaidag is ’n okkasie. Om wors en ’n tjop op die kole te gooi op dié dag [...]

‘n vrolike, fraai lenteslaai

2020-09-30T08:20:25+02:00Vrydag, 13 September 2013|Slaai|Tags: , |

Enigiemand met ‘n kat weet – dáársie so ding soos laat slaap nie. Nie eens naweke nie. Maak nie saak hoe laat ek die Vrydagaand gekuier het of hoe oes ek voel nie, Merlot het geen genade nie. Op ‘n Saterdagoggend begin sy my klokslag sesuur karnuffel. Uitgaan. Speel. Drukkies. Kos. Sy soek dit in daai orde en sy vattie [...]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

2020-09-30T08:20:25+02:00Vrydag, 6 September 2013|Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar gerooster [...]

Go to Top