Whisky toffie-appel wafels
Wat’s beter as ’n wafel? ’n Whisky toffie-appel wafel natuurlik! Ek speel bietjie met soetgoed die laaste ruk want Marcel’s, Suid-Afrika se gewilde bevrore jogurt mense, het vir my van hulle produkte gestuur om te probeer. Ek’s altyd ’n bok vir enigiets vanielje, maar mens stry nie met die meerderheid nie. Hulle Engelse Toffie bevrore jogurt […]
Oranje soetpatat en wortelsop
Kyk ek gaan nie jok nie – winter is nie my gunsteling seisoen nie. Weke van bewolkte Kaapse weer en reën maak my skoon beduiweld en dinge soos pasta, brood en enigiets vetterig raak onweerstaanbaar. Aan die einde van drie maande se vraatsigheid pas die skinny jeans nie meer nie en as ek my kop verkeerd draai lyk dit of […]
Camembert, prei en aartappel galette
Frans en maklik – dis die galette. Ek’s bietjie verlief of hierdie oopvorm tert met sy eindelose vulsel opsies. Onlangs het ek inspirasie uit die suide van Frankryk geput met ’n Provensaalse tapenade-en-uie galette. Hierdie week mik ek noord en vind my inspirasie in Normandië, tuiste van Camembert-kaas […]
Ui-en-tapenade galette
Galette is seker die maklikste Franse tert wat jy kan maak. Net ’n sirkel deeg met enige vulsel wat jou hart begeer. Hy kan soet wees, met enigiets van appels of vye, tot bessies of pruime. Of hy kan sout wees, soos hierdie knaap. My inspirasie vir hierdie ui-en-tapenade galette is die […]
Beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous
Stap in ’n supermark in en dis net Valentyn swieties, beertjies en allerlei hartjie tierlantyntjies waar jy kyk. Jip, dis weer daai tyd van die jaar. Ek’s nie veel van ’n Valentyn romantikus nie maar ek glo wel in ’n goeie bord kos, veral op spesiale dae. Hierdie beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous is regte spesiale-geleentheid kos. ‘Au poivre’ is […]
Griekse suurlemoen-hoender
Vra my oor my top-5 gunsteling maaltye ooit en ek dink overmydelik aan my middagete op ’n piepklein Griekse eiland in die middel van nerens. Ons het anker uitgegooi en ’n paar meter gedrentel na ’n restaurant met net drie tafels. Terwyl ons aan yskoue Griekse witwyn teug, hou ons ’n seuntjie dop wat vis vang, sommer net daar langs […]