Sjokolade-fudge

Maandag, 8 April 2019|Lekkerbek|

Ek lieg oor my ouderdom so lekker as party mense oor hulle gewig vir die dokter, of hulle inkomste vir Jan Taks. Maar jok verander nie die feite. Ek wil nie praat oor wat alles inkrimp, afsak, uitsit of opswel nie. Kom ons sê maar net as ek afkyk is my knieë net nie meer dieselfde as tien jaar terug […]

Kortpad roosmaryn-pizzabrood met vye, pienkpeper-bokmelkkaas en bresaola

Vrydag, 22 Februarie 2019|Aandete, Bak, Knagerig|

My soektog na die absoluut perfekte pers vy vir ’n TV advertensie lei my laas Saterdag na die Oranjezicht Mark by Grangerbaai langs die V&A Waterfront. As jy enigsins belangstel in kos is hierdie mark ’n absolute moet, maar meer hieroor ’n volgende keer. Terug na daai perfekte vye.

Ek spoor hulle op by my gunsteling vrugtestalletjie en […]

Ouma se warm-melk sjokoladekoek

Woensdag, 6 Februarie 2019|Bak, Lekkerbek|

Koek is nie eintlik ’n ding waarvoor ek kaalvoet die Kalahari sal oorsteek nie – met twee uitsonderings: 1) ’n properse kaaskoek wat in die oond kom en… 2) sjokoladekoek! Ag jenetjie mens hoe donkerder en ryker, hoe beter. Sjokoladekoek resepte aangemaak met warm melk is niks nuuts nie. Elke selfrespekterende bazaar-tannie in ’n blomrok het een. Hierdie een is […]

Rooibos en waatlemoen granita

Maandag, 21 Januarie 2019|Lekkerbek|

Die groot eet van Kersfees is verby; die vakansie in sy ‘glory’ in; en as ek glo wat ek in koerante lees is die mensdom redelik bedruk in Januworrie. Nee wat, die lewe is te kort om Januarie te haat. Dis immers ’n twaalfde van die jaar. Ek vier eerder hoogsomer met ’n verfrissende poeding wat so te sê niks […]

Dadel, spek en varkworsie sosaties

Dinsdag, 18 Desember 2018|Knagerig|

Ek kan nie hierdie juis ’n resep noem nie want dis net te eenvoudig. Wat ek dit wél kan noem is bitter lekker. Ons is almal bekend met ‘devils on horseback’ – pruimedante gerol in spek en gebak tot bros. Tog te lekker.

So paar dae terug sien ek spek met ’n swartpeper buitelagie by Woolies en dit gee vir my […]

Kersie-en-amandel sjokolade truffels

Donderdag, 6 Desember 2018|Lekkerbek|

Maak nie saak hóé groot die Groot-Kersfees-Eet was nie, in my boek is daar aan die einde van enige feesmaal altyd plek vir koffie – al moet ek ’n knoop of twee losmaak en effe terugsit. As daar plek vir koffie is, is daar mos plek vir sjokolade by die koffie en wat is dan nou meer spesiaal as truffels? […]