Ui-en-tapenade galette
Galette is seker die maklikste Franse tert wat jy kan maak. Net ’n sirkel deeg met enige vulsel wat jou hart begeer. Hy kan soet wees, met enigiets van appels of vye, tot bessies of pruime. Of hy kan sout wees, soos hierdie knaap. My inspirasie vir hierdie ui-en-tapenade galette is die Provensaalse pissaladiere. Dié het tipies ’n pizza-styl brooddeeg [...]