Appel malva poeding

Woensdag, 8 Junie 2016|Lekkerbek|Tags: , |

Gister se mense, plekke en dinge. Vir sommiges tower musiek goue herhinneringe op, vir ander is dit reuk. Maar vir my is dit kos.

Ouma se hoenderpastei met veerligte deeg, ryk van die plaasbotter wat ek self in die yl winterson op haar agterstoep gekarring het. Poetoepap met regte egte melk, die soort in ’n groot wit emalje melkbeker met ’n […]

Braambessie galette met sitrus creme chantilly

Vrydag, 7 Augustus 2015|Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

’n Paar letters is al wat jy nodig het om met iemand se kop te sukkel. Vat byvoorbeeld handsakke. Sê ‘Vuitton’ en dis genoeg om menige vrou flou van begeerte te maak. Maar as jy daaraan dink, is dit eintlik net ’n sak. Iets om jou selfoon en lipstif in te dra en, in my geval, ’n begraafplaas vir […]

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

Vrydag, 10 Oktober 2014|Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie.

Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm […]

Appel stroedel met soutkaramel

Maandag, 8 September 2014|Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Ek’t iets met kaas in gedagte gehad vir hierdie week, maar toe bel die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram my en vra ek moet seblief iets soets kom bak.

Regstreekse uitsendings kan nogal neuk met die senuwees, soveel te meer as mens net ’n paar minute het om iets op te tower wat heerlik is. […]

baba toffie-appels

Donderdag, 26 September 2013|Lekkerbek|Tags: |

Klein happies goed en ek hoort eenvoudig nie in dieselfde kombuis nie. Ek blameer die sewentigs en tagtigs vir hierdie klein-kos aversie van my.

Blokkies Gouda-kaas en klein skelrooi uitjies op tandestokkies. Grou mini worsrolletjies. Baba Weense worsies en soet-mosterd doopsous – met tandestokkies, natuurlik,  sodat mens nie onbeleefd jou vingers staan en aflek nie. Die skade is […]