Gerolde beesbors met stampmielies
Hierdie is nie eintlik ’n resep nie, dáárvoor is wat ek nou deel te eenvoudig. Wat dit is, is meer van ’n gedagte. ’n Idee van anders dink oor waar jy jou vleis koop, watter vleis jy koop en wat jy daarmee doen. As kind was ’n supermark nie ’n plek waar ons vleis gekry het nie. Ek kan nie [...]