Sjokolade-salami met kersies, brandewyn en neute

Vrydag, 11 November 2016|Lekkerbek|Tags: , |

Nog net so 6 weke se slapies en dis Kersfees mense. Waar gaan die tyd? Ek het natuurlik al Kersfees op die brein sedert hier middel Augustus se kant. Dis maar hoe dit in die kosstilering wêreld is. Kliënte soek hulle resepte en kiekies woes vroeg. Nie dat ek omgee nie, dis my gunsteling tyd van die jaar ‘after all’.

Sjokolade-salami […]

Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

Donderdag, 14 Januarie 2016|Slaai|Tags: , , |

Week twee van geen stysel en dit gaan sommer baie goed. Ek’s mal daaroor. Miskien omdat ek my in die laaste sewe dae vergryp het aan soesjie (erm, rys), ’n vark-en-vinkel burger (erm, brood), en ’n parmantige klein kreefpasta wat ek opgetower het met die laaste van my super geheime kreef ‘stash’ in die agterste hoek van my derde vrieskaslaai. […]

Comments Off on Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

Eendlewer-patee met bosbessie-jellie en ciabatta melba

Donderdag, 5 November 2015|Knagerig|Tags: |

Hoenderlewer-patee is een van daai dinge wat eenvoudig beter is as jy dit self maak. Ek was op die punt om een aanmekaar te slaan toe ek eendlewers van The Duck Farm by P&P gewaar. Net R10 meer as die hoender een? Perfek. Terug by die huis gebruik ek my gewone hoenderlewer-patee resep met hope tiemie en salie en ’n […]

Braambessie galette met sitrus creme chantilly

Vrydag, 7 Augustus 2015|Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

’n Paar letters is al wat jy nodig het om met iemand se kop te sukkel. Vat byvoorbeeld handsakke. Sê ‘Vuitton’ en dis genoeg om menige vrou flou van begeerte te maak. Maar as jy daaraan dink, is dit eintlik net ’n sak. Iets om jou selfoon en lipstif in te dra en, in my geval, ’n begraafplaas vir […]

Vanielje-granola met bessie-sous

Dinsdag, 29 Julie 2014|Ontbyt|Tags: |

Ek sou sê dis redelik ‘obvious’ dat ek mal is oor kook. Maar ek’s waarskynlik nog maller oor EET. Vir my is enige maal ’n bietjie van ’n okkasie, selfs al is dit net ’n tamatie-toebroodjie. Ek praat nie van die een wat my ma in die tagtigs vir padkos gepak het oppad see toe nie – ‘goewerment’ witbrood […]

Panettone pain perdu met bessies en mascarpone-kaas

Vrydag, 20 Desember 2013|Ontbyt|Tags: , |

Op ’n Sondagoggend is dit ’n botterige croissant vir stoepsit met die koerant. Vrydagaand ’n dankie-tog-dis-naweek geroosterde hoender met ’n glas (of twee, of drie) Chardonnay. In hierdie kop-af, dolle wêreld van konstante verandering en gejaag, klou ek vas aan my kostradisies soos bosluise aan ’n straatbrak.

Warm en veilig – dis hoe dit my laat voel. Daarom begin […]