Walliese ‘rarebit’ met Healey’s beleë cheddar
Walliese ‘rarebit’. Nog een van daai dinge wat jy eenvoudig nie in Afrikaans kan vertaal nie. Wat is dit? Soortgelyk aan sy Franse neef, Croque Monsieur, is dit basies ’n fênsie manier om te sê geroosterde kaasbroodjie. Anders as sy Franse familie bevat ‘rarebit’ nie ham nie. Haikôna, hy kry… bier. Saam met baie beleë Cheddar vorm dit ’n smaaksensasie [...]