Lente ertjie sop met ment

Vrydag, 17 Julie 2015|Sop|Tags: |

Ek weet om hierdie resep ‘lente ertjie sop met ment’ te noem is ’n bietjie dik vir ’n daalder. Daar’s nog ten minste ses weke se goor koue oor voor dit ámptelik lente is. En selfs dan bibber ons hier in die Kaap vir ten minste nog ’n maand. Maar ooraloor begin ek tekens sien dat winter nie vir ewig […]

Kortpad outydse hoenderpastei

Woensdag, 18 Februarie 2015|Aandete|Tags: , , |

Mollig. Tog so oulike woord. Dit dartel op die tong soos fraai, vinkel en feëtjie. In realiteit is dit natuurlik minder oulik. My ouma was geneig tot molligheid. Blykbaar het ek haar gene. As ek ’n ding in my mond sit, moet dit dus die kalorieë werd wees.

Ouma se kos was elke kalorie dubbel, nee wat, sommer trippel werd. […]

Bief-en-Guinness bredie met kruie-kluitjies

Donderdag, 21 Augustus 2014|Aandete|Tags: , , |

Dinge werk nie altyd uit soos beplan nie. Vat laas naweek. Ek dink nou al hoeka aan pastei maak – sagte bees lank gekook in donker Guinness-bier tot dit smelt in die mond, knus weggesteek onder ’n pasteikors sondig van die botter. Die bottel Guinness lê al vir meer as ’n maand in my […]

‘n vrolike, fraai lenteslaai

Vrydag, 13 September 2013|Slaai|Tags: , |

Enigiemand met ‘n kat weet – dáársie so ding soos laat slaap nie. Nie eens naweke nie. Maak nie saak hoe laat ek die Vrydagaand gekuier het of hoe oes ek voel nie, Merlot het geen genade nie. Op ‘n Saterdagoggend begin sy my klokslag sesuur karnuffel. Uitgaan. Speel. Drukkies. Kos. Sy soek dit in daai orde en sy […]

rokerige spek en ertjiesop

Maandag, 19 Augustus 2013|Sop|Tags: , |

Merlot of ek? As dit kom by wie die Kaapse winter die meeste haat, is daar stewige kompetisie tussen die twee van ons. Maar aangesien sy buite in die reën haar ‘ding’ moet loop doen, is Merlot seker die wenner. (Nogal verbasend hoe vinnig ‘n kat kan wees as sy moet.) Sy soek haar troos in my arms. Ek […]