Luukse sampioen-mozzarella pan roosterbroodjie

Vrydag, 23 Junie 2017|Knagerig|Tags: , |

Ek’t bietjie gedink oor hierdie saak en besluit aan die einde van die dag kan jy mense wat kook in twee kategorieë verdeel. In die een groep dié met netjiese kaste en woes georganiseerde yskaste. Hulle’t aandele in Tupperware met alles ‘colour coded’ – soort-by-soort bymekaar, in nette rye soos kadette op parade. En dan’s daar die ander lot…

Dié van […]

Walliese ‘rarebit’ met Healey’s beleë cheddar

Dinsdag, 23 Augustus 2016|Knagerig|Tags: , |

Walliese ‘rarebit’. Nog een van daai dinge wat jy eenvoudig nie in Afrikaans kan vertaal nie. Wat is dit? Soortgelyk aan sy Franse neef, Croque Monsieur, is dit basies ’n fênsie manier om te sê geroosterde kaasbroodjie. Anders as sy Franse familie bevat ‘rarebit’ nie ham nie. Haikôna, hy kry… bier. Saam met baie beleë Cheddar vorm dit ’n smaaksensasie […]

Bruin rys slaai met ment, feta en beet

Donderdag, 28 Julie 2016|Slaai|Tags: , , |

Pienk krullers onder elke bed. Wit, wollerige pyp-skoonmakers in elke hoek. Tafeltennis balle onder elke bank… Dis hoe dit gaan as jy ’n katkind het want speel moet hulle. Die vloere’s hout, die lawaai indrukwekkend, die opgewondenheid buitensporig.

Ek verstaan sulke baldadigheid. Ek voel ook so. Natuurlik nie oor krullers nie, dit sal weird wees. Oor kos. Gee my bestanddele om mee […]

Blomkool-en-kaas sop met ciabatta croutons

Donderdag, 30 Junie 2016|Sop|Tags: |

As kind was die groente op ons borde nie juis wat mens interessant kon noem nie. Daar was blomkool, bone, wortels, botterskorsies, ertjies en aartappels. Dis al. Sampioene was net in blikkies, wit aspersies ook. Hulle’t net uit die koskas gekom vir belangrike geleenthede, soos as die kerktannies met die wit handskoene en vere in hul hoedens vir tee gekom […]

Oondgeroosterde tamatie en spinasie tert

Maandag, 11 April 2016|Aandete|Tags: , |

‘Gesond’ is die woord van die dag in die Melkkos & Merlot kombuis die laaste paar weke. As jy al ’n ruk lank saam met my en Merlot in die kombuis kuier wéét jy, ons skrik nie vir botter en room nie. Maar soustannie en cholesterol sit in die Boeregene, so vir elke dag se kook is ek nogal versigtig. […]

Dolle dag vis gebak

Vrydag, 26 Februarie 2016|Aandete|Tags: |

Doller as kopaf – ons het almal daai dae. Partykeer is dit nie net ’n dag nie, maar sommer ’n hele week. Dís hoe dinge laasweek by Melkkos & Merlot was. Met nege outjies bewapen met hammers en ‘angle grinders’ op die dak kon dit nie eintlik anders nie. Dak vervang is nie vir sissies nie. Merlot’s ’n slim […]