Ontbyt beskuit

Vrydag, 22 Julie 2016|Bak, Ontbyt|Tags: , |

My vriendin – kom ons gebruik liefs haar bynaam, Eet-soos-’n-voëltjie – is ’n liewe mens. G’n guns is te groot nie, g’n vra ’n las nie. Buite is sy net so mooi soos binne, ’n Bo Derek 10. Gat jy saam met haar erens heen, smelt jy weg in die muurpapier. Ek dink dit spreek boekdele oor my dat ek […]

Ierse sodabrood

Dinsdag, 29 September 2015|Bak, Basiese resepte|Tags: |

Met die dat ek nie dom is nie, sê ek nie sommer nee as ’n bottel aan my deur kom klop nie. Soos laasweek, toe die mense van die La Motte wynlandgoed twee fraai bottels van hulle konfyt oorstuur vir my om te proe. Konfyt is half te eenvoudig ’n woord vir die interessante konkoksies uit hulle plaaswinkel. […]

Bruin karringmelk beskuit

Donderdag, 9 Julie 2015|Bak, Lekkerbek|Tags: |

’n Dierbare vriendin van my is so pas terug van twee weke se vakansie in Australië. Oor ’n koppie tee gesels ons oor R90 vir ’n glas wyn, spietkops wat nie nonsens vat nie en hoe daai oulike koala-bere nogal ’n klankie aan hulle het. Nie soveel as ’n leeu nie verstaan, maar tog.

Maar die ding wat my oor eintlik […]

Karringmelk-kaaskoek met soutkaramel-sous

Donderdag, 4 Junie 2015|Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

Koek is ’n gevaarlike ding. Vra my, ek wéét.

Dis nie dat en nie van koek hou nie, maar vir elke tien sekondes wat ek na koek kyk, tel ek ’n halwe pond op. Ek oordryf nie hier nie mense. Party van julle kén van – soustannie gene is nie vir sissies nie.

Aangesien snoesig mollig nie meer sou oulik […]