Tequila plathoender op die braai

Donderdag, 8 September 2016|Aandete|Tags: , , |

“Hoender is ’n vegetable.” Dís hoe meeste mans wat ek ken voel. Sit ’n hoender voor en skielik is hulle steeks. Soos ’n driejarige wat hoesgoed moet drink. Ek dink dis ’n Afrikaanse ding. In Meksiko is die mans tawwer. Daar verorber hulle Pollo Asado op straathoeke by die tonvol. Nee, ek vloek nie. Dis wat hulle plathoender op die […]

Beesflank op die braai

Dinsdag, 22 September 2015|Aandete|Tags: , , , |

Erfenisdag wink en die ganse land het kole en vleis op die brein. Afgesien van boerewors, is bees nie my gunsteling dier om te braai nie. Dis nie dat ek ’n ding teen bees het nie, maar ek dink daar is ander kookmetodes wat beter resultate gee as braai. Prys het ook heelwat daarmee te doen. Teen R140+ vir ‘rump’, […]

Rokerige mielies op die braai

Donderdag, 3 April 2014|Aandete|Tags: , |

’n Properse mielie herhinner my aan ’n graad eentjie met ’n haasbek en ’n poniestert. Ek bedoel nie die winkel een wat gepluk, gewaks en perfek ‘getrim’ is nie. ’n Behoorlike mielie lê knus in sy blarekombersie, baard en al. Trek jy die blare terug, het jy ’n wafferse poniestert, sommer baie nuttig om die mielie aan te gryp […]

Mieliekoekies met salm en suurlemoen-dille creme fraîche

Donderdag, 7 November 2013|Knagerig|Tags: , , |

Rekeningkunde was nie een van my sterker vakke op skool nie. OK, ek was gevaarlik naby aan pluk – en dít in standerd 6. So toe ek die ander dag oor familie dink, het dit my ’n ruk gevat (en ek moes ’n paar keer oor begin) om uit te werk hoeveel neefs en niggies ek het. Die antwoord […]