Osstert-ragu met saffraan-linguine

2020-09-30T08:18:54+02:00Dinsdag, 22 Augustus 2017|Aandete, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , , |

Osstert is vir my pure fees, min dinge klou so goed aan die ribbe op ’n koue wintersaand. As kind op die plaas was dit gereeld op die tafel. Ons het koeie gehad so osstert was daar baie, maar ek het steeds gewens elke dier het agt gehad. Deesdae moet ek ongelukkig soos meeste ander maak en die pad winkel [...]

Alles-en-nog-wat minestrone-sop

2020-09-30T08:18:57+02:00Maandag, 24 April 2017|Sop|Tags: , , , |

Pase is verby en Mei is amper op ons mense. Dis hoeka nog nie tyd vir my flênnie onder-goedjies nie, nog nie tyd vir dik sop barstensvol vleis en murgbene nie. Maar die aande raak koel en ek soek tog al meer ’n ietsie warms om die siel te streel. Minestrone is die antwoord. Hierdie staatmaker Italiaanse sop is perfek [...]

Varkskenkel-ragu met witwyn en vinkel

2020-09-30T08:18:58+02:00Vrydag, 10 Februarie 2017|Aandete|Tags: , |

Ek’s gewoond dat my hart vinniger klop in supermarkte. In die verlede was dit oor ek kinderlik opgewonde raak in die teenwoordigheid van mooi bestanddele. Deesdae is dit ongelukkig daai mooi dinge se pryse wat my palpitasies gee. My kop draai skoon soos my rande by die week minder rek. Eet moet mens, so goedkoper resepte wat meer mense voer [...]

Polpette in parmesaan-roomsous

2020-09-30T08:19:01+02:00Donderdag, 3 November 2016|Aandete|Tags: , , |

Polpette. Dis wat die Italianers klein frikkadelle noem. Vir my is ’n frikkadel by uitstek Boerekos en het baie spesifieke speserye nodig. So ek noem hierdie gewis polpette, en nié frikkadel nie. Daar’s soveel polpette resepte as dae in die jaar. Sommige Italiaanse mammas sit kruie en knoffel by, sommige rissie. Ander hou dit eenvoudig met net neutmuskaat en swartpeper. [...]

Kitskos wonder: murgpampoentjie spaghetti

2020-09-30T08:19:19+02:00Dinsdag, 8 Maart 2016|Aandete|Tags: , |

Murgpampoentjie ‘spaghetti’… dis die koswêreld se bottelblondine met D-cup implants – eenvoudig nie die ware Jakob nie. Maar mense, doen jy dit reg, kan fake fabulous wees. Loer maar net na Hollywood. Hier by M&M verkies ons properse pasta, gemaak met meel en eier, soos my semi Italiaanse ouma dit gedoen het. Maar ek verstaan ons is nie almal so [...]

Geroosterde-knoffel-en-vars-tamatie pasta

2020-09-30T08:19:27+02:00Donderdag, 18 Junie 2015|Aandete|Tags: , , |

Ek hou nogal van ’n uitdaging, amper soveel as wat ek hou van ’n verrassing. Gooi die twee bymekaar en jy’t my aandag. Toe die mense van ZZ2 my dus kontak en vra of ek deel sal wees van hulle Mouthwatering Box veldtog, sê ek vanselfsprekend dadelik ja. Wie is ZZ2? Jy’t hulle produkte waarskynlik al in jou plaaslike supermark [...]

Go to Top