Bobotie bakkies

Dinsdag, 28 Julie 2015|Aandete|Tags: , , , |

Keelvol. Dis so lieflike woord, en in meeste situasies van moedeloosheid heel gepas. Maar laasweek was ek genoop om sy oortreffende trap boetie – g*tvol – te gebruik. Want sien, daar was ‘load shedding’. Dis nie soveel van ’n probleem nie, ek weet mos dit kom en slim ekke het belê in ’n gasstoof. Maar toe die gas in […]

Beesskenkel-en-niertjie pastei (steak & kidney)

Sondag, 28 Junie 2015|Aandete|Tags: , |

As dit by trooskos kom, is daar min dinge wat beter troos as pastei. My vriende is altyd beïndruk wanneer ek se ek máák pastei. Want sien, hulle dink dis moeilik. Hulle dink dis moeite. En koop dus maar eerder winkelpastei – flou poginkies met jellierige sous en nie juis vleis om van te praat nie. Nee wat, dis […]

Kortpad outydse hoenderpastei

Woensdag, 18 Februarie 2015|Aandete|Tags: , , |

Mollig. Tog so oulike woord. Dit dartel op die tong soos fraai, vinkel en feëtjie. In realiteit is dit natuurlik minder oulik. My ouma was geneig tot molligheid. Blykbaar het ek haar gene. As ek ’n ding in my mond sit, moet dit dus die kalorieë werd wees.

Ouma se kos was elke kalorie dubbel, nee wat, sommer trippel werd. […]