Skaapniertjies in rooiwyn

2020-09-30T14:32:56+02:00Dinsdag, 1 September 2020|Aandete|Tags: , |

Jy gaan of van hierdie resep hou, of dit haat. Want dís hoe dit is met niere en lewer – daar’s nie plek vir draadsitters nie. As kind was skaapniertjies en lewer my dood, en nie op ’n goeie manier nie. Vandag is ek ferm in die hou-van kamp. My gunsteling manier met skaapniere is om hulle ’n leksel olyfolie [...]

Geroosterde skaapblad met rooiwynsous

2020-09-30T14:33:50+02:00Vrydag, 14 Augustus 2020|Aandete|Tags: , |

Dis miskien donkiejare terug, maar dink ek aan Sondagmiddagete by Ouma kan ek steeds die skaapboud ruik en proe. Sy’t hom lank en stadig gerooster en bitter min aan hom gedoen. Miskien bietjie sout gegee. Vandag is my benadering tot enige geroosterde vleis, nes ouma s’n, redelik minimalisties. Want ek glo as die vleis puik is, peuter mens nie te [...]

Sy-sneesdoekie pasta met bees kortrib ragu

2020-09-30T08:18:37+02:00Vrydag, 13 Maart 2020|Aandete, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , |

Die eekhorings in my tuin is bitter besig die laaste week of wat. Dis altyd so hier aan die begin van die herfs. Klein eekhoring handjies met vlymskerp naels dolwe verwoed my grasperk om soos hulle dinge begin begrawe vir die winter se koskas. Ek het al opgegee om om te gee. Merlot ook. Soos sy ouer word probeer sy [...]

Lamskenkels in rooiwyn

2020-09-30T08:18:39+02:00Vrydag, 4 Oktober 2019|Aandete|Tags: , |

Dis lenteblom glorie in die Kaap, my gunsteling tyd van die jaar. Die dae is koel, die wêreld groen van die welkome winterreën en die verduiwelse Suidooster nog grootliks in bedwang. Oktober is die laaste maand wat my mond nog water vir ryker kos, kos soos lamskenkel in rooiwyn. Asof hulle my gedagtes kan lees stuur Welgegund van Wellington se [...]

Bosvark-en-porcini lasagne

2020-09-30T08:18:49+02:00Vrydag, 17 Augustus 2018|Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met die effe meer [...]

Glühwein – wyn vir die winterpyn

2020-09-30T08:18:49+02:00Vrydag, 13 Julie 2018|Drankies|Tags: |

Ses weke se winter is onder die knie, nog net ses weke se bibber oor en dis Lentedag mense! Ek’s nie my beste self in die winter nie. Flennie pajamas, sokkies in die bed en ‘spencers’ (soos ouma hulle genoem het) is eenvoudig nie seksie nie. Maar winter het tog sy belonings. Soos souskluitjies, hoenderpastei en melkkos. En dan’s daar [...]

Go to Top