Beesnek en murg ragu vir pasta

2020-09-30T08:18:50+02:00Vrydag, 1 Junie 2018|Aandete, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , , , |

Winter is behoorlik op ons. Hy klop nie net aan die deur nie mense, hy’t homself ingenooi en gemaklik gemaak op die bank. Kyk winter en ek is nie vriende nie. Ek steek my kop in die sand vir so lank as ek kan, maar gister moes ek uiteindelik hênsop en my vere duvet loop uitgrawe. Merlot is ook nie [...]

Osstert-ragu met saffraan-linguine

2020-09-30T08:18:54+02:00Dinsdag, 22 Augustus 2017|Aandete|Tags: , , |

Osstert is vir my pure fees, min dinge klou so goed aan die ribbe op ’n koue wintersaand. As kind op die plaas was dit gereeld op die tafel. Ons het koeie gehad so osstert was daar baie, maar ek het steeds gewens elke dier het agt gehad. Deesdae moet ek ongelukkig soos meeste ander maak en die pad winkel [...]

Pinotage-en-pruim pavlova

2020-09-30T08:18:58+02:00Donderdag, 16 Maart 2017|Lekkerbek|Tags: , |

Dat die wind in die Kaap waai is ’n uitgemaakte saak. Maar mens, wat laas naweek híér aangegaan het is nie normaal nie – by tye was dit by die 100km per uur, aldus die koerant. So erg, hulle moes vir die eerste keer in sy geskiedenis die Argus stop. Ek het natuurlik donkiejare terug die fietsry in die Kaap [...]

Bordelaise – die beste Franse rooiwyn-sous vir biefstuk

2020-09-30T08:18:59+02:00Maandag, 30 Januarie 2017|Aandete, Basiese resepte|Tags: , , |

As jy net effe ernstig is oor lekker eet, is Bordelaise-sous ’n móét in jou resepboekie. Hierdie klassieke rooiwyn-sous is ’n 10-uit-10 wenner met biefstuk. Soos dit blyk uit die naam, is Bordelaise-sous afkomstig van die Bordeaux-streek in Frankryk. En soos meestal die geval met klassieke disse wat ’n ver pad kom, is daar menige resep vir Bordelaise. Sommiges het [...]

Rooiwyn pere met koffie-sjokolade sous, kits amandelroomys en amandel ‘brittle’

2020-09-30T08:19:30+02:00Woensdag, 1 April 2015|Lekkerbek|Tags: , , , |

Ek’t eintlik bedoel om iets heel anders vir hierdie week te doen. Iets wat daai goedkoop stroke Paaseiers met die malva binne sou behels. Iets haas-parmantig met my tong stewig in die kies. Maar toe kry ek ’n e-pos van die mense by Fairtrade – ’n uitnodiging om deel te neem aan hulle ‘Fairtrade Fortnight Foodie Challenge’ wat saamval met [...]

Bees-en-boon bredie met rooiwyn

2020-09-30T08:19:30+02:00Donderdag, 19 Maart 2015|Aandete|Tags: , , , |

Katte is eienaardige wesens. As dit kom by selfbehep is hulle wêreldkampioene. Ek ken heelwat sulke mense ook, dissie mooi nie. Maar in katte vind ek dit nie net aanvaarbaar nie, ek dink dis half oulik. As my vier-voet kind my dus nie meer nie koue skouer gee nie maar kom snuffel vir drukkies in die vroeë oggendure, verstaan ek [...]

Go to Top