Suurlemoen-skuimpie roomystert

Dinsdag, 27 Maart 2018|Lekkerbek|Tags: , |

Ek’s mal daaroor as lesers vir my skryf en vra vir raad of vir ’n spesifieke resep. Enigste probleem met die resep versoeke is dat ek nie noodwendig blitsvinnig by alles kan uitkom nie. Maar absoluut niks word vergeet nie. As jy die moeite gedoen het om te skryf, doen ék die moeite om dit te onthou. Ek pop alles […]

Pinotage-en-pruim pavlova

Donderdag, 16 Maart 2017|Lekkerbek|Tags: , |

Dat die wind in die Kaap waai is ’n uitgemaakte saak. Maar mens, wat laas naweek híér aangegaan het is nie normaal nie – by tye was dit by die 100km per uur, aldus die koerant. So erg, hulle moes vir die eerste keer in sy geskiedenis die Argus stop. Ek het natuurlik donkiejare terug die fietsry in […]

Suurlemoen-bloubessie roomys

Maandag, 8 Februarie 2016|Lekkerbek|Tags: |

Die kraaie gaap hier in die Kaap. Met die kwik die laaste paar weke te dikwels aan die verkeerde kant van dertig is dinge lelik aan’t huise van Melkkos & Merlot, want sien ’n swembad die het ons nie. Dan’s daar net een genade – semi kaalbas onder die sproeier in die agterplaas. Gelukkig (miskien meer so vir my bure […]

Koekies-en-vla roomys

Maandag, 16 November 2015|Lekkerbek|Tags: |

Kom dit by vla, kry jy vier soorte mense. 1) Die met vet beursies en baie geduld way regte, egte vla maak van room en eiers. 2) Die wat effe moeite doen en vla aanmekaarslaan met die poeiernommertjie en melk. 3) Die wat nie gebodder kan wees nie en die klaargemaakte een op die supermarkrak loop soek. En dan’s daar […]

Affogato roomyskoekies

Donderdag, 18 Desember 2014|Lekkerbek|Tags: , , |

Affogato. Dissie ’n vloekwoord (soos in, ‘ag affogato jou ook man’) nie. Nee, dis Italiaans vir ‘verdrink’ en verwys na een van die heerlikste 2-minuut poedings wat jy kan kry. Dis net vanielje-roomys ‘verdrink’ in sterk, warm espresso-koffie. Sommige mense gooi bietjie haselneut-likeur soos Frangelico ook by. En hoekom dan nou nie. So eenvoudig, maar tog te lekker.

Onlangs sit […]

Roomys-en-sjokolade roos happies

Dinsdag, 2 Desember 2014|Lekkerbek|Tags: , |

Anders as meeste mense gee ek nie juis om vir toustaan in supermarkte nie. Want sien so met die staan kry ek dikwels idees. Soos die ander dag in Woolies, toe ek ‘Turkish Delight’ in sjokolade gewaar. Ek’s nie veel van ’n Turkish Delight aanhanger nie want ek háát enigiets jellierig. (Jy kan dink wat ’n marteling bazaar-poeding vir my […]