Sampioensop met truffel-en-parmesaan roosterbroodjies

Vrydag, 2 Maart 2018|Sop|Tags: |

Wel mense, dis amptelik herfs. En niks kan my blyer maak nie want vroegherfs is my gunsteling, gunsteling tyd van die jaar. Die dae is steeds luiwarm, maar die oggende begin ’n onmiskenbare vars byt kry. So perfek. Die winkels is steeds vol van die somer se beste, plus daar’s nuwe-seisoen gunstelinge soos plompe pers vye en granate wat begin […]

Luukse sampioen-mozzarella pan roosterbroodjie

Vrydag, 23 Junie 2017|Knagerig|Tags: , |

Ek’t bietjie gedink oor hierdie saak en besluit aan die einde van die dag kan jy mense wat kook in twee kategorieë verdeel. In die een groep dié met netjiese kaste en woes georganiseerde yskaste. Hulle’t aandele in Tupperware met alles ‘colour coded’ – soort-by-soort bymekaar, in nette rye soos kadette op parade. En dan’s daar die ander lot…

Dié van […]

Bordelaise – die beste Franse rooiwyn-sous vir biefstuk

Maandag, 30 Januarie 2017|Aandete, Basiese resepte|Tags: , , |

As jy net effe ernstig is oor lekker eet, is Bordelaise-sous ’n móét in jou resepboekie. Hierdie klassieke rooiwyn-sous is ’n 10-uit-10 wenner met biefstuk. Soos dit blyk uit die naam, is Bordelaise-sous afkomstig van die Bordeaux-streek in Frankryk. En soos meestal die geval met klassieke disse wat ’n ver pad kom, is daar menige resep vir Bordelaise. Sommiges het […]

Hoender, prei en sampioen burger

Dinsdag, 1 September 2015|Aandete|Tags: , , |

Afrikaans is ’n wonderskone taal, maar daar’s ’n paar woorde wat my nie aanstaan nie. ‘Prei’ is een van hulle. Klink soos ’n mediese kondisie – soos in “my preie jeuk van laasweek al af vreeslik dokter, seker maar die drinkery”. Sien wat ek bedoel? Horribale woord.

Gelukkig proe hulle beter as wat hulle klink. Preie (‘leeks’) behoort aan dieselfde familie […]

Kruie-sampioene op parmesaan-polenta

Maandag, 11 Mei 2015|Aandete|Tags: , |

My ma was ’n tegemoedkomende kok. Sy’t ons altyd drié keuses vir ontbyt gegee. Krummelpap, stywepap of slappap.

Solank daar genoeg melk en suiker was, was ons min gepla. Behalwe een jaar, en ek praat nou van donkiejare terug. Want sien, daar het ’n groot droogte oor land gekom. Of ons’t vergeet om te plant. Of groot mieliemolle het alles […]

Sampioen-pasta met spek krummels

Woensdag, 19 November 2014|Aandete|Tags: , , |

Ek’s dol oor pasta – en daarom bestel ek dit nooit, ooit in ’n restaurant nie. Hoekom nie? Want nege keer uit tien foeter hulle dit op. En ek’s nou moeg daarvoor om te betaal vir iets wat ek ’n honderd keer beter self kan maak.

Ordentlike pasta vat nie veel nie… Pasta gekook tot dit net-net al dente is, in […]