Ouma se warm-melk sjokoladekoek

2020-09-30T08:18:45+02:00Woensdag, 6 Februarie 2019|Bak, Lekkerbek, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , |

Koek is nie eintlik ’n ding waarvoor ek kaalvoet die Kalahari sal oorsteek nie – met twee uitsonderings: 1) ’n properse kaaskoek wat in die oond kom en… 2) sjokoladekoek! Ag jenetjie mens hoe donkerder en ryker, hoe beter. Sjokoladekoek resepte aangemaak met warm melk is niks nuuts nie. Elke selfrespekterende bazaar-tannie in ’n blomrok het een. Hierdie een is [...]

Kersie-en-amandel sjokolade truffels

2020-09-30T08:18:46+02:00Donderdag, 6 Desember 2018|Lekkerbek|Tags: |

Maak nie saak hóé groot die Groot-Kersfees-Eet was nie, in my boek is daar aan die einde van enige feesmaal altyd plek vir koffie – al moet ek ’n knoop of twee losmaak en effe terugsit. As daar plek vir koffie is, is daar mos plek vir sjokolade by die koffie en wat is dan nou meer spesiaal as truffels? [...]

Super klam olie-sjokoladekoek met 70% kakao sjokolade-botterroom versiersel

2020-09-30T08:18:51+02:00Woensdag, 10 Januarie 2018|Bak, Lekkerbek|Tags: |

Sjokoladekoek in Januarie… Dis ’n gevaarlike, verkeerde ding ek weet. Want eintlik is Januarie mos spesiaal gereserveer vir gestoomde groente, slaaiblare en vis. Dis nou ná jy hier aan die begin van die maand op die skaal geklim en ’n klein gilletjie onwillekeurig ontsnap het. So ja, hierdie resep vir sjokoladekoek moes eintlik jou kant toe gekom het vóór Kersfees. [...]

Nutella warmsjokolade bom

2020-09-30T08:19:21+02:00Donderdag, 26 November 2015|Lekkerbek|Tags: |

Nutella, warmsjokolade en bom. Sê hierdie drie woorde in ’n sin en dit beteken net een ding – sielsalige lekker bederf. Ek’s nie ’n ma nie. OK ek is, maar van katte kinders, nie regte egte menskinders nie. Maar ek ken van die nagmerrie van skoolvakansies. Maak nie saak hoeveel ek daarna uitgesien het as kind nie, tien dae na [...]

Rooiwyn pere met koffie-sjokolade sous, kits amandelroomys en amandel ‘brittle’

2020-09-30T08:19:30+02:00Woensdag, 1 April 2015|Lekkerbek|Tags: , , , |

Ek’t eintlik bedoel om iets heel anders vir hierdie week te doen. Iets wat daai goedkoop stroke Paaseiers met die malva binne sou behels. Iets haas-parmantig met my tong stewig in die kies. Maar toe kry ek ’n e-pos van die mense by Fairtrade – ’n uitnodiging om deel te neem aan hulle ‘Fairtrade Fortnight Foodie Challenge’ wat saamval met [...]

Go to Top