Lamskenkels in rooiwyn

Vrydag, 4 Oktober 2019|Aandete|Tags: , |

Dis lenteblom glorie in die Kaap, my gunsteling tyd van die jaar. Die dae is koel, die wêreld groen van die welkome winterreën en die verduiwelse Suidooster nog grootliks in bedwang. Oktober is die laaste maand wat my mond nog water vir ryker kos, kos soos lamskenkel in rooiwyn. Asof hulle my gedagtes kan lees stuur Welgegund […]

Heel geroosterde skaapnek

Vrydag, 29 Junie 2018|Aandete|Tags: , |

Raakvatters. Dís wat ouma se generasie vrouens was. Daar’s tonne goed wat ouma toe-oog kon doen wat vandag grootliks vergete is. Vir sommige het ek nie juis in 2018 nut nie. Soos om beesvet in seep te verander. Mens, die héle kombuis ruik. Ek koop eerder daai oranje Pears-sepie. Of soos om doilies en jassies vir houthangers te hekel. Tierlantyntjies […]

Outydse lewerkoekies

Woensdag, 14 Desember 2016|Aandete|Tags: , |

Daar’s onvermydelik dinge uit mens se kindertyd wat ’n paar littekens laat. Hoog op my kindertyd-trauma lys was lewerkoekies. Ma het dit ten minste elke tweede week gemaak. Oor Pa daarvan gehou het. En oor dit goedkoop was.

Op lewerkoekie-dae het ek reeds by die voorhek geweet wat my voorland was. Die enigste ding erger was viskoekie-dae. Die een gemaak met […]

Roosmaryn-lamtjops met salsa verde

Dinsdag, 18 Oktober 2016|Aandete|Tags: , |

Salsa verde, of soos die Franse dit noem sauce vert, klink vreeslik fênsie. Dit is, op die regte manier – fênsie op die tong maar min moeite om te maak. Salsa verde beteken eintlik net groen sous. Dis ’n rou spul, niks gesukkel met potte en panne nie. Daar’s tonne resepte vir salsa verde en hulle almal het een ding […]

Ouma se groenboonbredie… met ‘n moderne kinkel

Donderdag, 14 Julie 2016|Aandete|Tags: , , , |

Groenboonbredie – dis hartskos, onthoukos, sielskos en perfek vir koue wintersaande. Nes ouma s’n, geur ek myne met neutmuskaat en daai moet-hê boerekos bestanddeel, kruienaeltjies.

Maar die smaak is dieper en ryker as vele ander resepte want in plaas van olie gebruik ek varkvet om die vleis bruin te braai. Wat anders is anders? Ek hou my bone heel want dis […]

Lam sosaties met vrugtige koeskoes en granaat-raita

Vrydag, 10 April 2015|Aandete|Tags: |

Granate is omtrent die ‘inste’ vrug waaraan ek kan dink. Maak ’n kostydskrif oop, loer na kosverpakking of na plakkate in koswinkels en jy gaan hulle verseker sien – op enigiets vanaf sjokoladekoek tot rou wors. En soos dit nou maar is met dinge wat gewild is, wys dit in die prys. Heigend.

My verhouding met granate gaan ver […]