Hollandaise sous – 3 maklike metodes en almal werk!

2020-09-30T08:19:11+02:00Woensdag, 22 Junie 2016|Basiese resepte, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , |

Sê hollandaise en menige skrik hulle asvaal. Want die gogga-maak-vir-baba-bang stories oor die puntenerigheid van hollandaise en sy ander Franse neef, béarnaise, loop dik. En dis sommer bog, want volg jy drie basiese reëls is kanse goed jy kry dit reg keer op keer. Hier’s hulle: 1: LAE HITTE POP. Want sien hoë hitte + eiergeel = roereier. En dis [...]

‘Whiskey sour’ skemerkelkie

2020-09-30T08:19:22+02:00Donderdag, 12 November 2015|Drankies|Tags: |

Name vol beloftes soos ‘Sex on the beach’ nieteenstaande, is ek nie veel van ’n skemerkelkie pop nie. Om die waarheid te sê is my kennis van skemerkelkies en hulle harde hout bestanddele op dieselfde vlak as No. 1 se kennis van belansstate en begrotings wat klop. Indrukwekkend vir al die verkeerde redes. Tot onlangs toe aldus, toe ’n wonderlike [...]

suurlemoen-roomys

2020-09-30T08:19:59+02:00Donderdag, 2 Oktober 2014|Lekkerbek|Tags: , |

Die sielkunde van bemarking is redelik eenvoudig. Gee my ’n ‘deal’ en ek’s daar soos ’n brommer by ’n piekniek. Meeste van ons is seker maar so. ‘Spaar’ is goed, ‘halfprys’ beter en ‘gratis’ fantasties. Maar my gunsteling is sekerlik ‘NUUT’. Slat ’n stickertjie met dié woord op ’n bottel of ’n boks en dat ek hom gaan koop is [...]

Heel hoender op die braai

2020-09-30T08:20:00+02:00Dinsdag, 23 September 2014|Aandete|Tags: , , |

Kyk as dit by braai kom is ek net so lief vir tjop-’n-dop soos die volgende ou. Maar hier’s die ding – mens kan nou nie juis sê dis elegant nie. En ’n vrou het darem ’n reputasie. So as ek mense vir ’n braai oornooi gooi ek altyd iets groots op die kole. Soos my lamsboud provol Mediterreense geure. [...]

Gebraaide murgpampoentjie-slaai

2020-09-30T08:20:00+02:00Woensdag, 17 September 2014|Slaai|Tags: , |

Nog net 7 slapies voor my gunsteling nasionale dag – Braaidag! Nou ek weet om dit Nasionale Braaidag te noem is soos om ’n seerkop stoetbul met ’n rooi doek te tart. Heelwat politici vererg hulle sommer gruwelik. Gelukkig steur ek my min aan wat hulle dink. Braai is my erfenis en op 24 September steek ek die vure aan. [...]

Go to Top