Tamatie Kiri-roomkaas crostata

Dinsdag, 10 Desember 2019|Bak|Tags: |

Kiri-roomkaas wys sy veelsydigheid met hierdie mooi oopgesig-groentesouttert (oftewel crostata) met ’n geurige vlaerige basis wat keer dat die tamatie se sappe die vlokkerige kors pap maak. Dis die lieflike Errieda du Toit (Kokkedoor en Koekedoor se kreatiewe meesterbrein) se resep. Sy’t dit ontwikkel vir die mense by Kiri om die feit dat hierdie gewilde Franse kaas nou plaaslik gemaak […]

Tunaslaai met Franse flair

Vrydag, 23 November 2018|Slaai|Tags: , , , |

Somer is hier in al sy glorie en in my boek beteken dit slaai – by die tonne. Nie ‘boring’ slaai nie verstaan, iets wat interessant genoeg is vir my om dit te wíl eet. Iets soos hierdie tunaslaai. Geblikte tuna kan maklik ’n lelike ding wees. Die fyn een in water is my dood. Maar groot tunastukke in olie […]

Beesnek en murg ragu vir pasta

Vrydag, 1 Junie 2018|Aandete|Tags: , , , |

Winter is behoorlik op ons. Hy klop nie net aan die deur nie mense, hy’t homself ingenooi en gemaklik gemaak op die bank. Kyk winter en ek is nie vriende nie. Ek steek my kop in die sand vir so lank as ek kan, maar gister moes ek uiteindelik hênsop en my vere duvet loop uitgrawe.

Merlot is ook nie juis […]

Spaanse mossels met chorizo, sjerrie en saffraan

Dinsdag, 23 Januarie 2018|Aandete, Knagerig|Tags: , |

Dis hoogsomer en een van my grootste vreugdes (afgesien van kort rokke en oop tone natuurlik) is buite eet – in die sagte skadu van die groot boom neffens my kombuisdeur. Vars mossels is altyd ’n goeie idee, nog meer so gekombineer met plompe ryprooi tamaties op hulle hoogsomer sappigste beste. Maar dis die kombinasie van essensieël Spaanse bestanddele – […]

Alles-en-nog-wat minestrone-sop

Maandag, 24 April 2017|Sop|Tags: , , , |

Pase is verby en Mei is amper op ons mense. Dis hoeka nog nie tyd vir my flênnie onder-goedjies nie, nog nie tyd vir dik sop barstensvol vleis en murgbene nie. Maar die aande raak koel en ek soek tog al meer ’n ietsie warms om die siel te streel. Minestrone is die antwoord.

Hierdie staatmaker Italiaanse sop is perfek vir […]

Provensaalse tamatieslaai

Woensdag, 28 September 2016|Slaai|Tags: , |

Hierdie Provensaalse tamatieslaai is nie ’n regte, egte Provensaalse dis nie. Nie op die manier wat pissaladière, aïoli en ratatouille is nie. Maar vir my is dit die wese van die suide van Frankryk. Ryprooi tamaties gepak met sonskyn, vet roos-knoffelbolle, ansjovis in olyfolie… Dit laat my dink aan laventelpers velde in die verte, sonbesie sang op die middaguur […]