Boerewors-pasta

2020-09-30T08:20:24+02:00Donderdag, 10 Oktober 2013|Aandete, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer, Ongekategoriseer|Tags: , , |

So af en toe is ek gelukkig genoeg om hier kort voor vyf die middag my rekenaar te kan afskakel en die pad te vat vir ’n wandeling met my denkbeeldige hond. (Merlot sal nie ’n regte een duld nie, verstaan.) As ek so stap, trek heelwat goed my aandag. My buurvrou se pronkertjies steek kop uit. Die mense skuins [...]

rooi-fluweel pastasous

2020-09-30T08:20:26+02:00Vrydag, 30 Augustus 2013|Aandete|Tags: , |

Daar’s min kos wat vir my seksier is as pasta. Moontlik omdat die prentjie van ’n jeugdige Sophia Loren, met ‘n bord spaghetti teen haar pragbates vasgeklem, my vir altyd sal bybly. Ek dink dit was in die Rooi Rose. Nogal wulps vir daai dae, seker dié dat dit so ’n indruk gemaak het. Pasta verdrink onder ’n ton sous [...]

‘n bros broodjie met tamatie

2020-09-30T08:20:28+02:00Donderdag, 8 Augustus 2013|Knagerig|Tags: , |

Tamatie is vir my soos hoender - nie naastenby so goed soos wat ek dit uit my kinderdae op my ouma se plaas onthou nie. Om vandag se supermark poginkies as bleeksiel te beskryf, is nogal beleefd. Italië, nou dáár weet hulle nog hoe ‘n tamatie moet proe. Bloedrooi en sappig, ‘n bietjie sout is al wat hy vra. [...]

Go to Top