Braambessie galette met sitrus creme chantilly

Vrydag, 7 Augustus 2015|Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

’n Paar letters is al wat jy nodig het om met iemand se kop te sukkel. Vat byvoorbeeld handsakke. Sê ‘Vuitton’ en dis genoeg om menige vrou flou van begeerte te maak. Maar as jy daaraan dink, is dit eintlik net ’n sak. Iets om jou selfoon en lipstif in te dra en, in my geval, ’n begraafplaas vir […]

Gerookte salm-en-roomkaas tert

Woensdag, 29 Oktober 2014|Bak|Tags: , , |

Ek’s effe kens is oor pienk. Pienk rokke, pienk lipstif en natuurlik… pienk wyn. Met of sonder borrels, ek’s mal daaroor. Dis seker verstaanbaar want ek het toevallig ook ’n ding vir enigiets Frans. En die Franse kén van pienk wyn.

Toe ’n parmantige botteltjie Roodeberg rosé van KWV hom dus die ander dag […]

Appel stroedel met soutkaramel

Maandag, 8 September 2014|Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Ek’t iets met kaas in gedagte gehad vir hierdie week, maar toe bel die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram my en vra ek moet seblief iets soets kom bak.

Regstreekse uitsendings kan nogal neuk met die senuwees, soveel te meer as mens net ’n paar minute het om iets op te tower wat heerlik is. […]

Pissaladière (Provensaalse uietert)

Donderdag, 28 Augustus 2014|Bak|Tags: , |

Ek bewonder mense wat weet presies wáár hulle oor vyf jaar gaan wees en hóé hulle lewens gaan lyk. Ons is nie almal so nie. Party van ons is soos agt maande-oue Labrador hondjies – ons leef in die oomblik. Ek’s een van daais. Langtermyn beplanning geval my nie en ’n ‘bucket list’ die het ek nie. Dis nou te […]

Peer-en-sjokolade tertjies

Woensdag, 11 Junie 2014|Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

Die ding met baie tyd in die kombuis spandeer, is dat dit nogal alleen kan raak. Merlot is ’n verbale kat weliswaar, maar aangesien ek nie ‘kat’ praat nie, kan en nou nie juis sê ek vind haar konstante geselsery boeiend nie.

So toe Nina Timm van My Easy Cooking my uitnooi […]

boerejongens kaastert

Vrydag, 16 Augustus 2013|Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Tert klink so… wel, terterig. Soos alle Afrikaanse woorde, is dit ’n wonderlike woord, maar ek sou nou nie juis sê dis ons elegantste woord nie. Sê dit in Frans – ‘tarte’ – en dit val op die oor soos ‘n klinkende silwer klokkie. Die Franse het ’n ‘tarte au fromage blanc’ – ’n gesofistikeerde nommertjie gemaak van ’n […]