5 wenmaniere met gevlokte vark (pulled pork)

Donderdag, 11 Augustus 2016|Aandete|Tags: |

Soms sukkel resep skryf in Afrikaans. Hoe dan nou gemaak met ‘pulled pork’? Jy kannie sê ‘getrek’ soos in getrekte vark nie. Dan klink dit half die dier het te diep in die bottel gekyk. Gepluis? Gevlok? Nie een laat my mond water nie. So in my huis is hierdie manier van vark kook ‘pulled pork’ en die taalpuriste moet […]

Rooikool-en-appelslaai met warm esdoring-vinaigrette

Donderdag, 7 Julie 2016|Slaai|Tags: |

Iets is nie noodwendig ’n wonderlike idee net omdat baie mense dit doen nie. Vat ‘tanning’. Ja ek gebruik die Engels, want as tiener was ’n tên opsluit wat ek wou hê. Ek en my pêlle het ons dik gesmeer van die Johnson’s baba olie. Dít of olyfolie. En dan het ons vir ure kaal en bleek-pienkwit in die genadelose […]

Een-dis herfsgroente-en-wors oondgebak

Donderdag, 12 Maart 2015|Aandete|Tags: , , |

Ons het miskien laas week die warmste dag in ’n honderd jaar hier in die Kaap gehad, maar somer is definitief oppad uit. Die oggende hier begin nou ’n vars byt kry, wat my laat snuffel vir ’n ‘jersey’.

Ek het hoeka my oog op warm trooskos – osstert, melkkos, souskluitjies, pastei… Daar is darem iets om […]

Kers-patee met haselneut, salie en brandewyn

Dinsdag, 9 Desember 2014|Knagerig|Tags: , , |

Daar’s min goed so veelsydig as ’n ordentlike varkworsie. Nie net bedoel vir ontbyt saam met eier en spek nie, hulle’s eintlik my gunsteling vir aandete. Dink broodrolletjies met varkworsies, uie-marmelade en hope outydse soet mosterd. Dink kapokaartappels met uie-sous en ertjies. Dink worsies in ’n slap-deeg kombers.

En dan’s daar natuurlik eindelose moontlikhede vir wors verander in ’n heeltemalle ander […]

Comments Off on Kers-patee met haselneut, salie en brandewyn

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

Vrydag, 10 Oktober 2014|Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie.

Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm […]

Geroosterde vark lendeskyf

Donderdag, 27 Maart 2014|Aandete|Tags: , , , |

Ek spandeer heelwat tyd aan’t wonder oor onbenullige dinge. Soos watter vee ek saam met my sal verkies as ek in ’n skeepswrak is en Robinson Crusoe-styl myself aan die lewe moet hou. Vark is die antwoord. Ek kan aan min dinge dink wat meer veelsydig is. Dink spek, Duitse wors, Coppa, Prosciutto en Chourico. En dan natuurlik my gunsteling […]