parmesaan-en-roosmaryn schnitzel

Donderdag, 20 Februarie 2014|Aandete|Tags: , |

Ek’s een van daai mense wat in ander se mandjies loer as ek in ’n supermark se tou staan. Ek doen dit nou nie openlik nie, dit sal ‘weird’ wees. Maar so onderlangs en skelmpies kyk ek nogal wat ander koop. Ek is seker ek’s nie die enigste een wat dit doen nie, en ek dink nie jy kan […]

Rokerige bone

Vrydag, 24 Januarie 2014|Aandete|Tags: , , |

Partykeer gee die lewe mens ’n klap of twee. Dissie lekker nie, maar dis onvermydelik. Met sulke tye soek ek trooskos. Ek sluit die voordeur agter my toe, trek my verflenterde sweetpakbroek aan en vaar die kombuis in.

Bone op roosterbrood is ’n gunsteling as ek bietjie broos voel. Maar nie daai lelike tamatiegemors wat jy in ’n blik […]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

Vrydag, 6 September 2013|Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar […]