Een-dis herfsgroente-en-wors oondgebak

Donderdag, 12 Maart 2015|Aandete|Tags: , , |

Ons het miskien laas week die warmste dag in ’n honderd jaar hier in die Kaap gehad, maar somer is definitief oppad uit. Die oggende hier begin nou ’n vars byt kry, wat my laat snuffel vir ’n ‘jersey’.

Ek het hoeka my oog op warm trooskos – osstert, melkkos, souskluitjies, pastei… Daar is darem iets om […]

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

Vrydag, 10 Oktober 2014|Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie.

Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm […]

Geroosterde vark lendeskyf

Donderdag, 27 Maart 2014|Aandete|Tags: , , , |

Ek spandeer heelwat tyd aan’t wonder oor onbenullige dinge. Soos watter vee ek saam met my sal verkies as ek in ’n skeepswrak is en Robinson Crusoe-styl myself aan die lewe moet hou. Vark is die antwoord. Ek kan aan min dinge dink wat meer veelsydig is. Dink spek, Duitse wors, Coppa, Prosciutto en Chourico. En dan natuurlik my gunsteling […]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

Vrydag, 6 September 2013|Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar […]