Daar was geproe vir dae (ongelukkig nie deur my nie) en hier is hulle uiteindelik – vanjaar se wenners van die Shiraz SA uitdaging! Die seremonie laas Donderdag was natuurlik vir eerste keer virtueel oor dit nie anders kon nie. Maar die mense van Shiraz SA het steeds probeer om ‘n effe van ‘n okkasie daarvan te maak. Loer hier na die seremonie. Ek weet jy kan nie enige van hierdie spogwyne loop koop vir so lank as wat ons moroniese verbod op wyn aanhou nie (tyd vir beleefd suutjies trap hieroor is lankal verby). Maar bestel solank aanlyn. Die wag vir hierdie wyne sal die moeite werd wees.

HIER’S DIE WENNERS:

SHIRAZ
KOELFONTEIN SHIRAZ 2017
KUNJANI SHIRAZ 2015
FLAGSTONE DARK HORSE SHIRAZ 2016
TRIZANNE RESERVE SHIRAZ 2018
BENGUELA COVE ESTATE SYRAH 2018
WILDEBERG RED 2019
LOMOND ESTATE SHIRAZ 2018
LEEUWENKUIL FAMILY VINEYARDS SHIRAZ 2017
SARONSBERG SHIRAZ 2018
OLD ROAD WINE CO PEPPER WIND SYRAH 2017
BABYLONSTOREN SHIRAZ 2018
DE GRENDEL ELIM SHIRAZ 2018

SHIRAZ VERSNIT
SARONSBERG FULL CIRCLE 2018
STRANDVELD THE NAVIGATOR 2017
BABYLONSTOREN BABEL 2018

SHIRAZ ROSé
POLKADRAAI ROSÉ 2020

scroll-main

De Grendel se Elim Shiraz 2018. Kan nie wag om hierdie knaap te probeer nie.

Kunjani se wenwyn, hulle 2015 Shiraz.

scroll-main

Oor hierdie artikel: Ek skryf net oor plekke en dinge waarvan ek rêrig hou. Sou iemand my komplimentêre etes/kaartjies/diamante aanbied, sal ek dit altyd verklaar. Ek’s nie hier om mense en dinge sleg te sê nie, dit los ek vir ander. As ‘n iets my nie geval nie, skryf ek eenvoudig nie daaroor nie. Dus is hierdie nie soseer ‘n resensie nie, maar eerder ‘n persoonlike aanbeveling.

scroll-main

Also available in: English