Tunaslaai met Franse flair

2022-08-18T11:44:01+02:00Vrydag, 23 November 2018| Slaai|Tags: , , , |

Somer is hier in al sy glorie en in my boek beteken dit slaai – by die tonne. Nie ‘boring’ slaai nie verstaan, iets wat interessant genoeg is vir my om dit te wíl eet. Iets soos hierdie tunaslaai. Geblikte tuna kan maklik ’n lelike ding wees. Die fyn een in water is my dood. Maar groot tunastukke in olie [...]

Geroosterde botterskorsie en botterboon patee

2022-08-19T22:19:02+02:00Vrydag, 5 Mei 2017| Knagerig|Tags: |

Kyk ek’s nie ’n mens wat hou van vroeg uit die vere nie. Oukei Merlot jaag my meeste nagte 3vm, 4vm en weer 5vm op as sy by die kamervenster kom neul dat ek oopmaak. Dis nie asof sy nie ’n katdeur het nie verstaan, sy’s net ’n klein klits. Dis maar hoe dit is met ’n kat wat jou [...]

Alles-en-nog-wat minestrone-sop

2022-08-18T11:47:07+02:00Maandag, 24 April 2017| Sop|Tags: , , , |

Pase is verby en Mei is amper op ons mense. Dis hoeka nog nie tyd vir my flênnie onder-goedjies nie, nog nie tyd vir dik sop barstensvol vleis en murgbene nie. Maar die aande raak koel en ek soek tog al meer ’n ietsie warms om die siel te streel. Minestrone is die antwoord. Hierdie staatmaker Italiaanse sop is perfek [...]

Ouma se groenboonbredie… met ‘n moderne kinkel

2022-08-18T11:55:16+02:00Donderdag, 14 Julie 2016| Aandete|Tags: , , , |

Groenboonbredie – dis hartskos, onthoukos, sielskos en perfek vir koue wintersaande. Nes ouma s’n, geur ek myne met neutmuskaat en daai moet-hê boerekos bestanddeel, kruienaeltjies. Maar die smaak is dieper en ryker as vele ander resepte want in plaas van olie gebruik ek varkvet om die vleis bruin te braai. Wat anders is anders? Ek hou my bone heel want [...]

Beesskenkel chilli con carne

2022-08-18T11:57:35+02:00Woensdag, 16 Maart 2016| Aandete|Tags: , , |

Chilli con carne – as jy Wikipedia kan glo (en dis ’n groot AS), kan jy die oorsprong van hierdie dis loop uitgrawe al die pad terug in die Texas van 1850. So gewild is chilli con carne in dié suidelike staat dat hulle wetgewer blykbaar in 1977 dit Texas se amptelike dis verklaar het. Ek kan my nie indink [...]

Bees-en-boon bredie met rooiwyn

2022-08-18T12:00:30+02:00Donderdag, 19 Maart 2015| Aandete|Tags: , , , |

Katte is eienaardige wesens. As dit kom by selfbehep is hulle wêreldkampioene. Ek ken heelwat sulke mense ook, dissie mooi nie. Maar in katte vind ek dit nie net aanvaarbaar nie, ek dink dis half oulik. As my vier-voet kind my dus nie meer nie koue skouer gee nie maar kom snuffel vir drukkies in die vroeë oggendure, verstaan ek [...]

Go to Top