Skaapniertjies in rooiwyn

2022-08-19T23:45:09+02:00Dinsdag, 1 September 2020| Aandete|Tags: , |

Jy gaan of van hierdie resep hou, of dit haat. Want dís hoe dit is met niere en lewer – daar’s nie plek vir draadsitters nie. As kind was skaapniertjies en lewer my dood, en nie op ’n goeie manier nie. Vandag is ek ferm in die hou-van kamp. My gunsteling manier met skaapniere is om hulle ’n leksel olyfolie [...]

Geroosterde skaapblad met rooiwynsous

2022-08-23T21:54:11+02:00Vrydag, 14 Augustus 2020| Aandete|Tags: , |

Dis miskien donkiejare terug, maar dink ek aan Sondagmiddagete by Ouma kan ek steeds die skaapboud ruik en proe. Sy’t hom lank en stadig gerooster en bitter min aan hom gedoen. Miskien bietjie sout gegee. Vandag is my benadering tot enige geroosterde vleis, nes ouma s’n, redelik minimalisties. Want ek glo as die vleis puik is, peuter mens nie te [...]

Lamskenkels in rooiwyn

2022-08-18T11:28:23+02:00Vrydag, 4 Oktober 2019| Aandete|Tags: , |

Dis lenteblom glorie in die Kaap, my gunsteling tyd van die jaar. Die dae is koel, die wêreld groen van die welkome winterreën en die verduiwelse Suidooster nog grootliks in bedwang. Oktober is die laaste maand wat my mond nog water vir ryker kos, kos soos lamskenkel in rooiwyn. Asof hulle my gedagtes kan lees stuur Welgegund van Wellington se [...]

Heel geroosterde skaapnek

2022-08-18T12:08:57+02:00Vrydag, 29 Junie 2018| Aandete|Tags: , |

Raakvatters. Dís wat ouma se generasie vrouens was. Daar’s tonne goed wat ouma toe-oog kon doen wat vandag grootliks vergete is. Vir sommige het ek nie juis in 2018 nut nie. Soos om beesvet in seep te verander. Mens, die héle kombuis ruik. Ek koop eerder daai oranje Pears-sepie. Of soos om doilies en jassies vir houthangers te hekel. Tierlantyntjies [...]

Outydse lewerkoekies

2022-08-18T12:23:22+02:00Woensdag, 14 Desember 2016| Aandete|Tags: , |

Daar’s onvermydelik dinge uit mens se kindertyd wat ’n paar littekens laat. Hoog op my kindertyd-trauma lys was lewerkoekies. Ma het dit ten minste elke tweede week gemaak. Oor Pa daarvan gehou het. En oor dit goedkoop was. Op lewerkoekie-dae het ek reeds by die voorhek geweet wat my voorland was. Die enigste ding erger was viskoekie-dae. Die een gemaak [...]

Roosmaryn-lamtjops met salsa verde

2022-08-18T12:10:26+02:00Dinsdag, 18 Oktober 2016| Aandete|Tags: , |

Salsa verde, of soos die Franse dit noem sauce vert, klink vreeslik fênsie. Dit is, op die regte manier – fênsie op die tong maar min moeite om te maak. Salsa verde beteken eintlik net groen sous. Dis ’n rou spul, niks gesukkel met potte en panne nie. Daar’s tonne resepte vir salsa verde en hulle almal het een ding [...]

Go to Top