Bobotie bakkies

2022-08-23T09:53:24+02:00Dinsdag, 28 Julie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Keelvol. Dis so lieflike woord, en in meeste situasies van moedeloosheid heel gepas. Maar laasweek was ek genoop om sy oortreffende trap boetie – g*tvol – te gebruik. Want sien, daar was ‘load shedding’. Dis nie soveel van ’n probleem nie, ek weet mos dit kom en slim ekke het belê in ’n gasstoof. Maar toe die gas in die [...]

rooikerrie garnaal-en-noedelsop

2022-08-18T11:59:30+02:00Dinsdag, 26 Mei 2015| Sop|Tags: , |

Sop is een van daai goed wat ek aljaar, heeljaar kan eet. Vir sop met skop is daar natuurlik min dinge wat by kerrie kom. Hierdie garnaal-en-noedelsop resep is so maklik, my kat kan dit maak. En dis propvol Thai rooikerrie skop. Al wat jy nodig het is... Vir die sop 1 blikkie klappermelk (400ml) 2 ½E rooikerrie pasta [...]

Drie boon slaai

2022-08-19T22:30:50+02:00Vrydag, 9 Januarie 2015| Slaai|Tags: , |

Drie boon slaai. Ek hou sommer baie daarvan. Die een in die Werda plastiekpakkie binne die kartonboksie is sommer heel gaaf. Ek koop en gebruik dit. Op safari. In Botswana. As die naaste groentewinkel 12-ure-se-sloeg-deur-die dik-sand-van-Chobe ver is. By die huis voel ek half sleg oor sulke luiheid en maak maar my eie. Tradisionele drie boon slaai is natuurlik nie [...]

Bobotie-samoosas met appelkoos-doopsous

2022-08-18T12:02:23+02:00Woensdag, 6 Augustus 2014| Knagerig|Tags: , , |

Ek dink bobotie’s bietjie soos opera – mense het sterk gevoelens daaroor. Hulle lief dit of hulle haat dit, met niks plek tussenin vir ’n onseker draadsittery nie. Ek’s in die ‘lief vir’ kamp – vir bobotie én vir opera. As kind was bobotie ’n regte okkasie kos – bedien op verjaarsdae, Sondae en (bitter eienaardig as jy my vra) [...]

Kerrie-soetpatat sop met poppadom linte

2022-08-19T22:35:07+02:00Vrydag, 23 Mei 2014| Sop|Tags: , |

’n Goeie kerrie is ’n mooie ding. Ek praat nie van die flou poginkies wat mense hier in die Kaap kerrie noem nie. Ek wil nou nie iemand in die gesig vat nie, maar julle ken nie van nie. Ek praat van ’n properse Durban-styl kerrie. Een wat jou twee keer brand. En ’n kerrie is nie ’n kerrie sonder [...]

Go to Top