Bros schnitzel met 3-kaas fonduesous

2022-08-18T12:31:35+02:00Vrydag, 21 Junie 2019| Aandete|Tags: , |

Hoender is ’n heel gawe dier. Hoenderpastei, heel hoender op die braai, hoender in witwyn... Gee vir my en ek gee my oor aan die lekkerte. Maar ai, vir hoenderborsies het ek nie juis ooghare nie. Eerstens is daar die tekstuur – daai sappige donkerder fyn vleisies van die boud en die been, dié het bors nie. Dis bra bleeksiel [...]

Tequila plathoender op die braai

2022-08-18T12:21:23+02:00Donderdag, 8 September 2016| Aandete|Tags: , , |

“Hoender is ’n vegetable.” Dís hoe meeste mans wat ek ken voel. Sit ’n hoender voor en skielik is hulle steeks. Soos ’n driejarige wat hoesgoed moet drink. Ek dink dis ’n Afrikaanse ding. In Meksiko is die mans tawwer. Daar verorber hulle Pollo Asado op straathoeke by die tonvol. Nee, ek vloek nie. Dis wat hulle plathoender op die [...]

Karamel-springmielie bolle

2022-08-18T12:31:59+02:00Maandag, 14 Desember 2015| Knagerig, Lekkerbek|Tags: |

Die kuberruimte is ’n gevaarlike plek. Ek kan aan min ander dinge dink wat so ’n vals gevoel van privaatheid skep. Dis tog net jy in jou nagklere, koppie rooibos in die hand agter jou rekenaar. Wat jy sê is net tussen jou en die kat op jou skoot. Dis inderdaad hoe dit is. Tot jy daai knoppie druk was [...]

Beesflank op die braai

2022-08-19T22:10:04+02:00Dinsdag, 22 September 2015| Aandete|Tags: , , , |

Erfenisdag wink en die ganse land het kole en vleis op die brein. Afgesien van boerewors, is bees nie my gunsteling dier om te braai nie. Dis nie dat ek ’n ding teen bees het nie, maar ek dink daar is ander kookmetodes wat beter resultate gee as braai. Prys het ook heelwat daarmee te doen. Teen R140+ vir ‘rump’, [...]

Rokerige mielies op die braai

2022-08-18T12:14:30+02:00Donderdag, 3 April 2014| Aandete|Tags: , |

’n Properse mielie herhinner my aan ’n graad eentjie met ’n haasbek en ’n poniestert. Ek bedoel nie die winkel een wat gepluk, gewaks en perfek ‘getrim’ is nie. ’n Behoorlike mielie lê knus in sy blarekombersie, baard en al. Trek jy die blare terug, het jy ’n wafferse poniestert, sommer baie nuttig om die mielie aan te gryp as [...]

Go to Top