Spek-en-eier burger

2022-08-19T22:34:39+02:00Vrydag, 11 Julie 2014| Aandete|Tags: , , , |

Spek kom van vark af. Dis wat ek jare lank geglo het – tot bedagsame vegetariese pêlle van my uitgewys het dat dit eintlik die vrug van die Porcus Excellentia boom is. Dat ek nou vir só lank só verkeerd kon wees. Ek kannie sê ek blameer hulle nie, spek is darem ’n wonderlike ding. As ek vegetaries was sou [...]

Provensaalse skaapskenkel

2022-08-18T12:02:57+02:00Maandag, 30 Junie 2014| Aandete|Tags: , |

Kookboeke is vir my soos skoene. Daar’s nie so ding soos te veel nie. Maar, anders as die geval met skoene, hoef ’n kookboek nie vir my nuut te wees nie. Inteendeel, van my mees geliefdes is horingoue tweedehandse nommers. Soos my mees onlangse vonds – ’n kollos van ’n ou boek ‘Feasts of Provence’ deur Robert Carrier. Ek maak [...]

Hoender in Witwyn

2022-08-19T22:35:27+02:00Donderdag, 5 Junie 2014| Aandete|Tags: , |

Op ’n koue, nat wintersaand is daar net drie goed waarvan ek wil weet – warm mamma-kos, ’n glas wyn en my ‘passion-killer’ pienk hasie-pantoffels. Ek’t seker ’n paar ‘airs’ en ‘graces’, want ek dink nie dis OK om in my pantoffels uit te gaan nie. As ’n uitnodiging vir ’n ding wat in die aand gebeur dus my kant [...]

Pasta met tamatie-lamsous

2022-08-18T12:04:21+02:00Donderdag, 24 April 2014| Aandete|Tags: , , |

Mense’s nie almal dieselfde nie en dis goed so, want anders was die wêreld seker ’n vale plek. Maar dis juis hierdie andersheid van mense wat neuk as dit kom by resepte skryf. Vat my vriendin Bettie (nie haar regte naam nie, want nou-nou is sy vies). Sy pik-pik soos ’n mossie aan ’n bord kos. Na so vyf happies [...]

Rokerige mielies op die braai

2022-08-18T12:14:30+02:00Donderdag, 3 April 2014| Aandete|Tags: , |

’n Properse mielie herhinner my aan ’n graad eentjie met ’n haasbek en ’n poniestert. Ek bedoel nie die winkel een wat gepluk, gewaks en perfek ‘getrim’ is nie. ’n Behoorlike mielie lê knus in sy blarekombersie, baard en al. Trek jy die blare terug, het jy ’n wafferse poniestert, sommer baie nuttig om die mielie aan te gryp as [...]

Geroosterde vark lendeskyf

2022-08-18T12:13:38+02:00Donderdag, 27 Maart 2014| Aandete|Tags: , , , |

Ek spandeer heelwat tyd aan’t wonder oor onbenullige dinge. Soos watter vee ek saam met my sal verkies as ek in ’n skeepswrak is en Robinson Crusoe-styl myself aan die lewe moet hou. Vark is die antwoord. Ek kan aan min dinge dink wat meer veelsydig is. Dink spek, Duitse wors, Coppa, Prosciutto en Chourico. En dan natuurlik my gunsteling [...]

Go to Top