Sampioen-pasta met spek krummels

2022-08-18T12:16:05+02:00Woensdag, 19 November 2014| Aandete|Tags: , , |

Ek’s dol oor pasta – en daarom bestel ek dit nooit, ooit in ’n restaurant nie. Hoekom nie? Want nege keer uit tien foeter hulle dit op. En ek’s nou moeg daarvoor om te betaal vir iets wat ek ’n honderd keer beter self kan maak. Ordentlike pasta vat nie veel nie… Pasta gekook tot dit net-net al dente is, [...]

Hoender-caesar braaibroodjies

2022-08-18T12:15:39+02:00Woensdag, 22 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , , |

Kyk as ’n resep so honderd jaar of wat al die rondtes doen, is dit gewoonlik met goeie rede. Dis lekker. Nuwe resepte optower is vet pret, maar mens gooi nie die baba met die badwater uit nie. Ou resepte hóórt in elke moderne kok se repertoire. Resepte soos Crepes Suzette, Beef Wellington, Dauphinoise en… Caesar-slaai – daai hemelse kombinasie [...]

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

2022-08-18T12:15:24+02:00Vrydag, 10 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie. Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm [...]

Heel hoender op die braai

2022-08-18T12:12:00+02:00Dinsdag, 23 September 2014| Aandete|Tags: , , |

Kyk as dit by braai kom is ek net so lief vir tjop-’n-dop soos die volgende ou. Maar hier’s die ding – mens kan nou nie juis sê dis elegant nie. En ’n vrou het darem ’n reputasie. So as ek mense vir ’n braai oornooi gooi ek altyd iets groots op die kole. Soos my lamsboud provol Mediterreense geure. [...]

Fillet met suurlemoen-mosterd roomsous

2022-08-18T12:12:44+02:00Donderdag, 4 September 2014| Aandete|Tags: , |

Slagdag op die plaas was ’n vreeslike gedoente. My ouma het nie gesukkel met vleis nie. Sy’t ’n kamer die grootte van ’n dubbel garage gehad met industriële vrieskaste waarin jy olifante kon pas, ’n vleissaag soos jy in slaghuise kry, hakke vir dinge hang en sement voortjies vir onaangename goed wegspuit – die lot. As kind het ek gedink [...]

Bief-en-Guinness bredie met kruie-kluitjies

2022-08-18T12:01:43+02:00Donderdag, 21 Augustus 2014| Aandete|Tags: , , |

Dinge werk nie altyd uit soos beplan nie. Vat laas naweek. Ek dink nou al hoeka aan pastei maak – sagte bees lank gekook in donker Guinness-bier tot dit smelt in die mond, knus weggesteek onder ’n pasteikors sondig van die botter. Die bottel Guinness lê al vir meer as ’n maand in my yskas en ek besluit kyk hiérdie [...]

Go to Top