Oondgebakte Franse roosterbrood

2022-08-19T22:35:25+02:00Vrydag, 30 Mei 2014| Ontbyt|Tags: , , |

Ek’t ’n bloutjie geloop hierdie week, en dit nogal met ’n ‘hot cross bun’. Die taalpuriste noem dit seker ’n Paasbolletjie. Wie weet. In my huis is hulle sommer net ‘hot cross buns’. Maandagoggend douvoordag sit ek oor ’n koppie koffie en so bolletjie en tob oor my resep vir hierdie week. Ek’t eiers in die huis. Ek het altyd, [...]

Panettone pain perdu met bessies en mascarpone-kaas

2022-08-18T12:11:11+02:00Vrydag, 20 Desember 2013| Ontbyt|Tags: , |

Op ’n Sondagoggend is dit ’n botterige croissant vir stoepsit met die koerant. Vrydagaand ’n dankie-tog-dis-naweek geroosterde hoender met ’n glas (of twee, of drie) Chardonnay. In hierdie kop-af, dolle wêreld van konstante verandering en gejaag, klou ek vas aan my kostradisies soos bosluise aan ’n straatbrak. Warm en veilig – dis hoe dit my laat voel. Daarom begin [...]

Go to Top