Kersfees Granola

2021-11-11T13:32:34+02:00Donderdag, 11 November 2021| Ontbyt|

Ek vrek oor Kersfees. Watwou wag tot Desember – my Kerskoek is gebak en my huis is al van 1 November af in Kersgewaad getooi! Kersfees op die brein mense, wat kan ek sê. En dis hoe dinge soos hierdie resep gebeur. Terwyl ek vroegoggend lê en wonder of ek honger genoeg is om op te staan besluit ek [...]

Franse roosterbrood met Nutella

2020-09-30T14:35:12+02:00Vrydag, 24 Julie 2020| Lekkerbek, Ontbyt|Tags: , |

Franse roosterbrood was ’n kindertyd gunsteling vir ontbyt, waarskynlik omdat dit omtrent die enigste ding was wat ek as 5-jarige kon kook. Dit was so basies as kan kom, net eier geklits met bietjie melk en gewone sagte wit goewerment brood. All Gold se tamatiesous daarby was natuurlik ’n móét. All Gold is steeds die enigste tamatiesous waaraan ek mond [...]

Paas-plaatkoekies

2022-08-18T11:46:59+02:00Woensdag, 12 April 2017| Knagerig, Lekkerbek, Ontbyt|Tags: |

Dis Pase mense, jenetjie heit waar gaan die tyd? Ek voel dieselfde oor Vader Tyd se snelle pas as oor my skaal die paar keer ’n jaar wat ek bodder om op hom te klim – verbaas. Verbaas of nie, April is dit nou en iets Pase-geïnspireer om aan te knabbel is gepas. Kos moet altyd lekker wees, maar soms [...]

Ontbyt beskuit

2022-08-18T11:55:03+02:00Vrydag, 22 Julie 2016| Bak, Ontbyt|Tags: , |

My vriendin – kom ons gebruik liefs haar bynaam, Eet-soos-’n-voëltjie – is ’n liewe mens. G’n guns is te groot nie, g’n vra ’n las nie. Buite is sy net so mooi soos binne, ’n Bo Derek 10. Gat jy saam met haar erens heen, smelt jy weg in die muurpapier. Ek dink dit spreek boekdele oor my dat ek [...]

Vanielje-granola met bessie-sous

2022-08-18T12:12:37+02:00Dinsdag, 29 Julie 2014| Ontbyt|Tags: |

Ek sou sê dis redelik ‘obvious’ dat ek mal is oor kook. Maar ek’s waarskynlik nog maller oor EET. Vir my is enige maal ’n bietjie van ’n okkasie, selfs al is dit net ’n tamatie-toebroodjie. Ek praat nie van die een wat my ma in die tagtigs vir padkos gepak het oppad see toe nie – ‘goewerment’ witbrood [...]

Go to Top