Bruin rys slaai met ment, feta en beet

2022-08-18T11:54:48+02:00Donderdag, 28 Julie 2016| Slaai|Tags: , , |

Pienk krullers onder elke bed. Wit, wollerige pyp-skoonmakers in elke hoek. Tafeltennis balle onder elke bank… Dis hoe dit gaan as jy ’n katkind het want speel moet hulle. Die vloere’s hout, die lawaai indrukwekkend, die opgewondenheid buitensporig. Ek verstaan sulke baldadigheid. Ek voel ook so. Natuurlik nie oor krullers nie, dit sal weird wees. Oor kos. Gee my bestanddele om [...]

Rooikool-en-appelslaai met warm esdoring-vinaigrette

2022-08-18T11:55:26+02:00Donderdag, 7 Julie 2016| Slaai|Tags: |

Iets is nie noodwendig ’n wonderlike idee net omdat baie mense dit doen nie. Vat ‘tanning’. Ja ek gebruik die Engels, want as tiener was ’n tên opsluit wat ek wou hê. Ek en my pêlle het ons dik gesmeer van die Johnson’s baba olie. Dít of olyfolie. En dan het ons vir ure kaal en bleek-pienkwit in die genadelose [...]

Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

2022-08-18T12:20:16+02:00Donderdag, 14 Januarie 2016| Slaai|Tags: , , |

Week twee van geen stysel en dit gaan sommer baie goed. Ek's mal daaroor. Miskien omdat ek my in die laaste sewe dae vergryp het aan soesjie (erm, rys), ’n vark-en-vinkel burger (erm, brood), en ’n parmantige klein kreefpasta wat ek opgetower het met die laaste van my super geheime kreef ‘stash’ in die agterste hoek van my derde vrieskaslaai. [...]

Comments Off on Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

Wortel-en-beetslaai met ment en harissa

2022-08-18T12:17:36+02:00Donderdag, 17 September 2015| Slaai|Tags: |

Beet – vir menige ’n onding, vir my aardse pers verleiding. As kind het ek dit gehaat. Jy sou ook as jy jou pad moes oopeet deur ’n paar honderd bottels elke jaar. Ma en ouma het ingelê dat die biesies bewe. En dís die probleem. Sê jy beet, dink meeste van ons aan bottels gerasperde beet in asyn. Ek’t [...]

Drie boon slaai

2022-08-19T22:30:50+02:00Vrydag, 9 Januarie 2015| Slaai|Tags: , |

Drie boon slaai. Ek hou sommer baie daarvan. Die een in die Werda plastiekpakkie binne die kartonboksie is sommer heel gaaf. Ek koop en gebruik dit. Op safari. In Botswana. As die naaste groentewinkel 12-ure-se-sloeg-deur-die dik-sand-van-Chobe ver is. By die huis voel ek half sleg oor sulke luiheid en maak maar my eie. Tradisionele drie boon slaai is natuurlik nie [...]

Go to Top