Haskell Vineyards vier 20 jaar

2022-11-16T10:53:45+02:00Woensdag, 16 November 2022| Wynproe|

Die Annandale pad naby Stellenbosch kronkel rustig verby verskeie wynplase. Daar’s vele verleidings langs die pad en jy kan gewis by hulle almal inloer. Maar moenie te lank talm nie, ry vir Annandale tot daar waar hy doodloop want aan sy einde wag daar ’n juweel van die Boland – Haskell wynlandgoed. Ek het hulle onlangs saam met ander [...]

Borrels vir Lentedag!

2022-08-31T12:50:56+02:00Woensdag, 31 Augustus 2022| Ongekategoriseer|

Sjoe, ons het dit gemaak mense – môre is amptelik die eerste dag van lente. Nie dat ek dadelik die flennie pajamas kan wegpak nie, maar die blote idee van warmer dae vra om gevier te word. En aangesien 1 September nie net Lentedag is nie maar ook nasionale Cap Classique dag dink ek dis heel gepas om die einde [...]

Springbokblad in Shiraz

2022-08-10T13:29:51+02:00Woensdag, 10 Augustus 2022| Aandete, Wynproe|

Ewige optimis wat ek is begin ek die lig aan die einde van die bittere winter tonnel hier van die middel van Augustus af sien. Maar moenie jouself flous nie, die dame gaan vir ons nog ’n hele paar koue klappe gee voor sy klaar is met ons. Dis niks wat ’n goeie glas rooiwyn nie kan uitsorteer nie! [...]

La Vierge – hemelse wyne van die Hemel-en-Aarde

2022-08-02T12:36:39+02:00Dinsdag, 2 Augustus 2022| Wynproe|

Vra wynliefhebbers oor Suid-Afrika se wynstreke en gewoonlik noem hulle eerste die Boland – Stellenbosch, die Paarl, miskien Franschhoek. Die koeler kustelike areas kry minder aandag. Ek’s self soms skuldig daaraan, en dis ’n jammerte want hierdie streke lewer wyne van formaat. Die Hemel-en-Aarde vallei is een van hierdie koeler kusstreke en La Vierge ’n uitstekende voorbeeld van die [...]

Rokerige soetrissie lensies

2022-07-18T14:50:58+02:00Maandag, 18 Julie 2022| Aandete|

  Ek plaas nie gereeld vegetariese resepte nie. Eintlik amper nooit want sien statistieke jok nie, en wat myne vir my sê is dat my lesers vrek oor vleis – hoe rooier hoe beter! Maar lewe net van skaaptjops en boerewors is nie die wysste leefstylkeuse nie, dus maak ek vir ’n verandering ’n uitsondering met iets vegetaries. Ek pak [...]

‘n Truffel ete by Anthonij Rupert

2022-07-06T15:17:27+02:00Woensdag, 6 Julie 2022| Restaurante, Wynproe|

Laas Vrydag het ek aangesit vir die soort geleentheid waaroor elke smulpaap droom – ’n sesgang maal toegewy aan die glorie van truffels. Hulle lyk miskien soos ’n kruising tussen ’n brein en ’n reuse vrat, maar hulle is nie verniet die wêreld oor bekend as ‘swart goud’ nie. Anders as in Europa was truffels nooit eintlik in SA [...]

Go to Top