Ui-en-tapenade galette

2022-02-25T12:11:37+02:00Donderdag, 10 Februarie 2022| Bak|Tags: |

Galette is seker die maklikste Franse tert wat jy kan maak. Net ’n sirkel deeg met enige vulsel wat jou hart begeer. Hy kan soet wees, met enigiets van appels of vye, tot bessies of pruime. Of hy kan sout wees, soos hierdie knaap. My inspirasie vir hierdie ui-en-tapenade galette is die Provensaalse pissaladiere. Dié het tipies ’n pizza-styl brooddeeg [...]

Beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous

2022-02-02T14:51:45+02:00Woensdag, 2 Februarie 2022| Aandete|Tags: |

Stap in ’n supermark in en dis net Valentyn swieties, beertjies en allerlei hartjie tierlantyntjies waar jy kyk. Jip, dis weer daai tyd van die jaar. Ek’s nie veel van ’n Valentyn romantikus nie maar ek glo wel in ’n goeie bord kos, veral op spesiale dae. Hierdie beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous is regte spesiale-geleentheid kos. ‘Au poivre’ [...]

Griekse suurlemoen-hoender

2022-01-12T13:47:07+02:00Woensdag, 12 Januarie 2022| Aandete|Tags: , |

Vra my oor my top-5 gunsteling maaltye ooit en ek dink overmydelik aan my middagete op ’n piepklein Griekse eiland in die middel van nerens. Ons het anker uitgegooi en ’n paar meter gedrentel na ’n restaurant met net drie tafels. Terwyl ons aan yskoue Griekse witwyn teug, hou ons ’n seuntjie dop wat vis vang, sommer net daar langs [...]

Vinkel en lemoen varkvleis frikadelle met spaghetti

2022-08-19T19:03:14+02:00Vrydag, 17 Desember 2021| Aandete|Tags: |

Ek het varkvleis op die brein die laaste ruk. Eintlik sedert twee weke gelede toe ek die voorreg gehad het om vir middagete aan te sit in die Hamm & Uys restaurant op die pragtige Blaauwklippen landgoed. Die geleentheid? SA Pork se jaareindfunksie vir mense in die kosbedryf. En wat ’n viering van die wonder van varkvleis was dit nie, [...]

Kersfees Granola

2021-11-11T13:32:34+02:00Donderdag, 11 November 2021| Ontbyt|

Ek vrek oor Kersfees. Watwou wag tot Desember – my Kerskoek is gebak en my huis is al van 1 November af in Kersgewaad getooi! Kersfees op die brein mense, wat kan ek sê. En dis hoe dinge soos hierdie resep gebeur. Terwyl ek vroegoggend lê en wonder of ek honger genoeg is om op te staan besluit ek [...]

Sjokolade truffeltert

2022-08-18T12:33:37+02:00Vrydag, 8 Oktober 2021| Lekkerbek|Tags: , |

Saterdag, 9 Oktober, is amptelik Pinotage Dag. Ek het nie juis ’n verskoning nodig om ’n bottel van hierdie eg Suid-Afrikaanse kultivar oop te maak nie, maar toe kry ek een ­­­­– in die vorm van hierdie resep vir ’n sjokolade truffeltert! Die mense van FAT Bastard wyne het dit vir my gestuur want hulle meen dis die ideale soete [...]

Go to Top