Ouma se warm-melk sjokoladekoek
Koek is nie eintlik ’n ding waarvoor ek kaalvoet die Kalahari sal oorsteek nie – met twee uitsonderings: 1) ’n properse kaaskoek wat in die oond kom en… 2) sjokoladekoek! Ag jenetjie mens hoe donkerder en ryker, hoe beter. Sjokoladekoek resepte aangemaak met warm melk is niks nuuts nie. Elke selfrespekterende bazaar-tannie in ’n blomrok het een. Hierdie een is [...]